Jy koop jou droomhuis. Jy neem oordrag. Die trek is gereël. Jy skakel met die munisipaliteit vir aansluiting van water en elektrisiteit en vir die opening van ‘n diensterekening in jou naam. Die munisipaliteit weier en deel jou mee dat die vorige eienaar nog ‘n historiese (en beduidende) bedrag verskuldig is vir onbetaalde munisipale dienste. Nie alleen wil die munisipaliteit nie die aansluiting doen nie, maar hulle dring ook daarop aan dat jy die ou skulde betaal.
|