Strafpunte Met AARTO – Is Ons al Daar?
AARTO* en sy beplande puntestelsel (strafpunte) vir verkeersoortredings is definitief nog op ons almal se horison. Besighede en individue moet reg wees wanneer dit waarskynlik later in 2016 op nasionale vlak uitgerol gaan word. (AARTO* is die akroniem vir die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences Act).
Verlede jaar is aangekondig dat AARTO op 1 April in werking sal tree. Daar is egter wysigings van die wetgewing in die pyplyn (die nuutste sluitingsdatum vir kommentaar is 10 Maart) en die implementeringsdatum is dan waarskynlik later in 2016.
Alle wetsgehoorsame bestuurders sal konsekwente toepassing en optrede teenoor verkeersoortreders verwelkom. Tog moet ons ook die gevolge in ag neem. Elke bestuurder, elke professionele bestuurder, elke vervoermaatskappy loop die risiko om hul bestuurderslisensie en ook hul vervoerpermitte te verloor. Selfs besighede wat buite die vervoerbedryf staan, kan geraak word. Hoe sal dit jou raak as jou verkoopspersoneel nie na kliënte toe kan ry nie of jou kantoorpersoneel nie kantoor toe mag ry nie?
Ons sal weldra verdere inligting aan u deurgee sodra die veranderinge in plek is en die aanvangsdatum bekend gemaak word.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.