Indien jy gevra word om ‘n ou skuld te betaal, moet jy eers vasstel of die skuld nie dalk al verjaar het nie. Indien wel, is die skuld uitgewis en kan jy regtens nie verplig word om dit terug te betaal nie.
Die meeste vorms van privaatskuld verjaar na drie jaar (vir ‘n hofvonnis, belastingskuld en geregistreerde verbandskuld is die verjaringstydperk dertig jaar). Die verjaring wat loop kan egter op sekere maniere gestuit word. Indien jy die skuld weer erken, of gedeeltelike betaling maak of indien ‘n dagvaarding vir die verhaling van die skuld op jou beteken word, word die verjaring gestuit.
Die belangrike punt is dat skuldeisers (of skuldinvorderaars) tot op hede, skuld by jou kon invorder al het die skuld regtens al verjaar. Dit was dus deurentyd die skuldenaar se plig om die verweer van verjaring op te roep.
|