Werkgewer: “Wangedrag Van Die Groep” Gronde Vir Ontslag?
- Daar is voortdurend voorraadverliese,
- Jy kan bewys dat die verliese uit diefstal spruit wanneer ‘n spesifieke groep werknemers aan diens is,
- Jy kan egter nie bewys dat elke lid van hierdie groep individueel aanspreeklik is nie.
Wat kan jy doen?
In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof word so ‘n geval hanteer.
Kitskoskaskenades – die spanpoging
Wat sê die reg oor kollektiewe aanspreeklikheid?
Die hof bevind dat hierdie ‘n geval van kollektiewe wangedrag van die span was. Dit is nie nodig om individuele aanspreeklikheid of skuld te bewys nie. Die span as geheel kon nie daarin slaag om die problematiese en wesentlike voorraadverliese te beheer nie. Die lede van die span het dus kollektief nie hul verpligting teenoor hul werkgewer nagekom nie. As individue was hul verplig om die problematiese voorraadverliese vanuit hul spangeledere aan te spreek en hok te slaan. Hierin het hulle misluk en was die gevolglike ontslag van die hele groep geregverdig.
Soortgelyke beginsels is van toepassing op gevalle van “kollektiewe wangedrag”, “afgeleide wangedrag” en sake met ‘n “gemeenskaplike doelwit”. Ons arbeidswetgewing en die toepassing daarvan bly altyd ‘n uitdaging vir ‘n werkgewer. Met stewige finansiële toekennings wat teen die werkgewer gegee kan word, bly dit die veiligste om by jou arbeidsregkenners die nodige advies te verkry.
In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof word so ‘n geval hanteer.
Kitskoskaskenades – die spanpoging
- ‘n Kitskosrestaurant het geweldige voorraadverliese ervaar, wat soms by R120 000,00 per maand gaan draai het. Die voorraadverliese is gely wanneer ‘n spesifieke span – kokke, kombuispersoneel en kassiere - aan diens was.
- Die eienaar het sekuriteit en beheer oor voorraadhantering verskerp, maar dit het steeds geen wesentlike verskil aan die verliese gemaak nie.
- Verskeie waarskuwings is aan die personeel uitgereik. Hulle is daarop gewys dat hul verplig was om diefstal aan te meld, dat die voorraadverliese buitensporig was, dat daar geen genade met diefstal sal wees nie en dat daar dissiplinêre stappe teen die groep geneem sal word indien die voorraadverliese nie ophou nie. Ten spyte van die waarskuwings het die verliese nie minder geraak nie.
- Hierna het dissiplinêre ondersoeke gevolg. Na afloop van die dissiplinêre prosesse is die hele span – al elf lede van die spesifieke skof – op grond van diefstal ontslaan.
- Hierna het die diefstal en voorraadverliese onmiddellik tot ‘n einde gekom.
- Die werknemers het hul saak na die KVBA verwys. Die arbiter bevind dat die span onbillik ontslaan is en ken aan elkeen ses maande se vergoeding toe.
- Die werkgewer het die toekenning op hersiening geneem. Die Arbeidshof stel die toekenning ter syde, nadat die hof bevind het dat die oorspronklike besluit van ontslag wel onder die omstandighede billik en regverdig was.
Wat sê die reg oor kollektiewe aanspreeklikheid?
Die hof bevind dat hierdie ‘n geval van kollektiewe wangedrag van die span was. Dit is nie nodig om individuele aanspreeklikheid of skuld te bewys nie. Die span as geheel kon nie daarin slaag om die problematiese en wesentlike voorraadverliese te beheer nie. Die lede van die span het dus kollektief nie hul verpligting teenoor hul werkgewer nagekom nie. As individue was hul verplig om die problematiese voorraadverliese vanuit hul spangeledere aan te spreek en hok te slaan. Hierin het hulle misluk en was die gevolglike ontslag van die hele groep geregverdig.
Soortgelyke beginsels is van toepassing op gevalle van “kollektiewe wangedrag”, “afgeleide wangedrag” en sake met ‘n “gemeenskaplike doelwit”. Ons arbeidswetgewing en die toepassing daarvan bly altyd ‘n uitdaging vir ‘n werkgewer. Met stewige finansiële toekennings wat teen die werkgewer gegee kan word, bly dit die veiligste om by jou arbeidsregkenners die nodige advies te verkry.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.