Entrepreneurs – Jy Het Nog Tyd tot 2 April Om Kleiner Sake se Posisie Te Verbeter
Is jy betrokke by ‘n klein- of mediumgrootte onderneming(“KMO”) wat vasval in burokratiese rompslomp van die regering se kant af? Ervaar jy onvoldoende belastingaansporings of net ‘n algemene gebrek aan steun vir jou opkomende besigheid?
Daar is darem ‘n manier waarop jy jou stem kan duidelik maak.
SAIGR (Die Suid Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters) dui aan dat hulle wel die regering se beleide en standpunte oor KMO’s positief kon beïnvloed met inligting wat hulle uit hul 2014 navorsing kon aanbied. Hulle het nou ‘n 2015 vraelys opgestel om vas te stel watter verdere uitdagings KMO’s moet hanteer. Hulle wil ook vasstel wat groter ondernemings en die regering kan doen om KMO’s by te staan. Dit alles op die veronderstelling dat KMO’s wesentlik kan bydrae tot ekonomiese groei wat ook sal lei tot verhoogde vlakke van werkskepping en indiensneming.
Indien jy wil bydrae met jou terugvoering en insette, doen dit gerus. Jy behoort dit in minder as 20 minute te kan voltooi en wel by https://www.surveymonkey.com/r/SMERESEARCH2015.
Doen dit nou. Die sluitingsdatum is 2 April 2015.
Provided by Wessels + van Zyl Inc
© DotNews. All Rights Reserved.