Teken aan  |  Stuur aan per e-pos   |  English
Wessels + van Zyl Inc Nuusbrief     |    April 2015
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Hereregte: Gaan Jy Meer Of Minder Betaal Vir Jou Nuwe Eiendom?
Met die nuwe koerse wat in die Begroting aangekondig is, gaan die meeste middel-inkomste huishoudings minder hereregte op toekomstige eiendomstransaksies betaal. Die grootste besparings is op  eiendomstransaksies tussen R2 miljoen en R2,3 miljoen. Wanneer eiendom meer as R2,65 miljoen kos, gaan die koper dit voel en moet ‘n groter gedeelte aan die staatskas oorbetaal word.

Daar is geen hereregte betaalbaar waar die verkoper verplig is om BTW op die transaksie te hef nie. 
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Werkgewer: “Wangedrag Van Die Groep” Gronde Vir Ontslag?
‘n Situasie wat ‘n werkgewer soms sal ondervind –
  •  Daar is voortdurend voorraadverliese, 
  •  Jy kan bewys dat die verliese uit diefstal spruit wanneer ‘n spesifieke groep  werknemers aan diens is, 
  •  Jy kan egter nie bewys dat elke lid van hierdie groep individueel aanspreeklik is  nie.
Wat kan jy doen? In ‘n onlangse saak in die Arbeidshof word so ‘n geval hanteer. 
 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Verdrink Jy In Skuld? Kyk Na Hierdie Verweer
Indien jy gevra word om ‘n ou skuld te betaal, moet jy eers vasstel of die skuld nie dalk al verjaar het nie. Indien wel, is die skuld uitgewis en kan jy regtens nie verplig word om dit terug te betaal nie. 

Die meeste vorms van privaatskuld verjaar na drie jaar (vir ‘n hofvonnis, belastingskuld en geregistreerde verbandskuld is die verjaringstydperk dertig jaar). Die verjaring wat loop kan egter op sekere maniere gestuit word. Indien jy die skuld weer erken, of gedeeltelike betaling maak of indien ‘n dagvaarding vir die verhaling van die skuld op jou beteken word, word die verjaring gestuit. 

Die belangrike punt is dat skuldeisers (of skuldinvorderaars) tot op hede, skuld by jou kon invorder al het die skuld regtens al verjaar. Dit was dus deurentyd die skuldenaar se plig om die verweer van verjaring op te roep.
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
1 Mei En Die Nuwe Bemagtigingskodes – Wat Jy Nou Moet Doen
Die nuwe Kodes vir Goeie praktyk oor Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging is veronderstel om op 1 Mei 2015 in werking te tree. Op hierdie stadium is daar onsekerheid of dit wel sal gebeur en of daar nie eerder weer ‘n verlenging van die oorgangsreëlings afgekondig gaan word nie. 

Suid-Afrikaanse sake behoort egter hul bemagtigingstatus na te gaan en te oorweeg of hul verifikasie nie onder die huidige bedeling opgedateer moet word nie. Van die kommentators is van mening dat sommige entiteite wat reeds geakkrediteer is met twee vlakke kan daal ingevolge die nuwe kodes. ‘n Verifikasie voor 30 April 2015 sal inhou dat jou onderneming nog ‘n jaar lank op die bestaande bemagtigingsvlak kan sake doen. Hier kan baie op die spel wees, so praat gerus met die kenners op die gebied van bemagtigingsverifikasie . . . 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Valutabeheer En Die Ligter Hand
Na afloop van die jaarlikse Begrotingsrede het die media meestal gefokus op maatskaplike toelaes, voordele vir mikro-ondernemings, verhoogde inkomstebelasting asook verhoogde aksynsbelastings en brandstofheffings.


Die Minister het ‘n verslapping in valuta beheermaatreëls afgekondig wat op 1 April vir Suid-Afrikaanse inwoners in werking tree. Tot op datum het dit min kommentaar opgelewer. Die veranderinge is nogal ingrypend . . .
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Die 2015/16 Belastingskale

Click on the "Read More" link below to view the tables 
lees meer  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
 
 
 
Entrepreneurs – Jy Het Nog Tyd tot 2 April Om Kleiner Sake se Posisie Te Verbeter
Minister Lindiwe Zulu, Minister van Klein Sake Ontwikkeling behoort ons eerder daarna te streef om ‘n nasie van entrepreneurs te wees as om ‘n nasie van werksoekers te wees.
     
Is jy betrokke by ‘n klein- of mediumgrootte onderneming(“KMO”) wat vasval in burokratiese rompslomp van die regering se kant af? Ervaar jy onvoldoende belastingaansporings of net ‘n algemene gebrek aan steun vir jou opkomende besigheid?

Daar is darem ‘n manier waarop jy jou stem kan duidelik maak . . .
 
 
lees meer
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage
Die April Webwerf: Pla Direkte Bemarkers Jou Nog Steeds? Jy Kan ‘n Einde Hieraan Maak
As jy vind dat jy met direkte oproepe en ongevraagde SMSe oorval word en dat jy voortdurend en ongevraagd gemorspos oor die internet ontvang; ook deur tradisionele pos, kan jy elke organisasie of persoon kontak wat jou kontak met die versoek om jou van hul databasis af te haal. Dit behoort egter meer effektief te wees om op die Direkte Bemarkingsvereniging van Suid-Afrika (“DMA”) se webwerf te registreer. Die webwerf is te vinde by https://www.nationaloptout.co.za/ en ‘n eenmalige registrasie behoort voldoende te wees. 

Jou besonderhede word dan gevoeg by die Nasionale Databasis van diegene wat uitdruklik aangedui het dat hulle nie gekontak wil word nie. Lede van DMA sal en mag jou ook nie meer kontak of lastig val nie. 

Daar is ook verskeie opsies – jy kan self kies of jy van alle ongevraagde kommersiële boodskappe en kontak wil ontsnap en of daar nog sekere kanale of  industrieë is, waaroor jy wel nog inligting van wil hê.
 
 
 
 
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.

© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews