|
Geskille met die bure kom in verskeie vorme voor en dit kan vinnig tot in die hof eskaleer, wat duur nagevolge kan hê. Daarom moet ‘n mens so gou moontlik ‘n stokkie daarvoor probeer steek. Maar wanneer dit by dispute oor bou-aktiwiteite kom – of dit nou ‘n hele nuwe gebou is of slegs aanbouings of veranderinge – is die munisipale goedkeuring van die bouplanne ‘n goeie plek om by te begin. Sonder sodanige goedkeuring kan bouwerk (as ‘n algemene reël) nie voortgaan nie.
Ons bespreek ‘n onlangse uitspraak van die Grondwetlike Hof rakende die faktore wat die munisipaliteit (of eerder die “besluitnemende” munisipale werknemer wat die besluit moet neem) in ag moet neem wanneer bouplanne oorweeg word. Dit is belangrik om jou regte hier te ken en dit af te dwing! Dit kan jou dalk net beskerm teen probleme met die bure op ‘n latere stadium.
|
|
|
|
Die regering het al soveel male met die AARTO strafpuntestelsel gedreig dat baie van ons uit die oog verloor het presies hoe ernstig dit ons gaan beïnvloed wanneer dit uiteindelik ingestel gaan word. Nou het die wiele van inwerkingtreding weer vinnig begin draai! Dit is tyd om voor te berei.
Die feit van die saak is dat elke motoris, elke voertuigeienaar, elke professionele bestuurder, elke vervoeroperateur, en ook elke werkgewer, risiko sal dra. Ons bespreek wat die “strafpunte” behels, hoe dit geallokeer en verminder word, en hoe en wanneer jou lisensie in gedrang sal wees.
Laaste maar nie die minste nie, kyk ons na ‘n tabel met sekere algemene verkeersoortredings en die strafpunte daaraan verbonde. Daar is ‘n paar verassings...
|
|
|
|
Toegang tot die regspleging is ‘n duur en ingewikkelde affêre. Dit het die regering jare terug al genoop om ‘n alternatief tot hoofstroomhowe aan die publiek te bied. Die idee is om te help om dispute op ‘n “vinnige, bekostigbare en eenvoudige” wyse deur ons stelsel van Howe vir Klein Eise op te los
Wie kan die Hof vir Klein Eise gebruik? Wie kan gedagvaar word? Watter soort eise kan gebring word? Hoeveel kan geëis word en wat gebeur wanneer jou eis hoër as die limiet is?
Ons spreek hierdie vrae aan. Ons beveel ook aan dat dit beter is om regsadvies in te win wanneer ‘n oënskynlike klein eis dalk omvangryke nagevolge kan hê.
|
|