Jou Webwerf van die Maand: Musiek vir Produktiewe Werk
“If I were not a physicist, I would probably be a musician. I often think in music. I live my daydreams in music. I see my life in terms of music.” (Albert Einstein)
Wetenskaplike navorsing is dit eens dat musiek ons inderdaad kan help om te werk, te leer, en om kreatief te wees.
Met die gebruik van oorfone kan jy heeldag na jou gunstelingliedjies luister sonder om jou kollegas (of die kliënte in Ontvangs!) te steur. Met ‘n stromingsdiens en ‘n slimfoon met ‘n groot geheue sal jy altyd oorgenoeg musiek tot jou beskikking hê. Maar waarna kan jy luister?
“Create the perfect playlist for productive work” op Quartz bespreek hoe musiek jou werksproduktiwiteit kan verhoog (werkgewers neem kennis!). Dit kyk ook na musikale tempo (slae per minuut) wat kan help om die alfa-staat in jou brein teweeg te bring sodat jou gedagtes kalm en gereed word, maar met verhoogte konsentrasievermoëns.
Dit blyk dat verskillende soorte musiek gepas is vir sekere take in die volgende vier kategorieë -
-
Eenvoudige take
-
Leerwerk
-
Werk waarvoor jy lief is
- Kreatiewe werk
Uit die HAT:
“soetvloeiend” b.nw. bw. (digterlik) aangenaam klinkend, welluidend: soetvloeiende woorde, verse.
Provided by Telfer Inc
© DotNews. All Rights Reserved.