Is jy gereed om jou lisensie met AARTO Strafpunte te verbeur? Dit is makliker as wat jy gedink het, en die wiele is besig om te draai.
“The one thing that unites all human beings, regardless of age, gender, religion, economic status, or ethnic background, is that, deep down inside, we all believe that we are above-average drivers.” (aldus die komediant, Dave Barry).
AARTO (die Wet op die Administratiewe Beregting van Padverkeersmisdrywe) is al vir jare lank gedeeltelik in werking. Die bepalings wat handel met die strafpuntestelsel is al vir so lank in die pyplyn dat die meeste van ons al vergeet het hoe ernstig dit ons gaan beïnvloed, in ons persoonlike lewens sowel as by ons besighede.
Elke individu en elke besigheid is op risiko
Wetsgehoorsame motoriste sal ongetwyfeld die vastrekking van gewoonte verkeersoortreders verwelkom, maar moet ook hul eie risiko’s evalueer en bestuur.
Elke motoris, elke voertuigeienaar, elke professionele bestuurder en elke vervoeroperateur gaan ‘n groot risiko loop om hul lisensies/permitte/ operateurskaarte te verbeur. Selfs besighede buite die vervoerbedryf sal hierdie risiko moet bestuur – wat gebeur as jou verkoopspersone nie meer mag rondry nie of jou kantoorpersoneel nie meer werk toe mag bestuur nie?
Die wiele draai vinnig noudat die wysigings aan die Wet uiteindelik deur die Parlement aanvaar is, en in werking sal tree sodra die President dit onderteken het.
Gaan dit weer uitgestel word?
Die strafpuntevoorstel dobber al vir ‘n dekade lank rond, met verskeie mislukte wegspringpogings, en sprake van hofgedinge; en die aanvangsdatum mag dalk, of dalk nie, uitgestel word.
Nou lyk dit of die wiele wel besig is om al vinniger te draai.
Wees voorbereid!
Ongelukkige 13 – makliker as wat jy dink.
Die strafpuntestelsel is ingewikkeld, maar om op te som: strafpunte word verdien vir ‘n hele reeks oortredings, bo en behalwe die boete wat jy moet betaal.
Enige persoon met 13 of meer strafpunte se bestuurslisensie/ professionele bestuurspermit/ operateurskaart sal outomaties opgeskort word. Vir elke punt bo 12 gaan die lisensie vir drie maande opgeskort word. Na drie opskortings sal die lisiensie finaal gekanselleer word.
Moenie dink dat dit die gemiddelde bestuurder noodwendig baie lank sal neem om 13 strafpunte te versamel nie. Kyk ‘n bietjie na die strafpunte van toepassing op ‘n paar van die oortredings (let wel, daar is derduisende van hulle – hierdie tabel gee slegs ‘n paar voorbeelde).
Voorbeelde van oortredings en strafpunte
Hoe om jou strafpunte te verminder, en afslag op boetes Jy word wel beloon om ‘n wetgehoorsame bestuurder te wees –
Besighede en werkgewers – bestuur jou risiko’s Dink nou al reeds aan hoe jy die risiko van herhalende oortredings deur jou werknemers (veral dié wat as voertuigbestuurders in diens is) gaan bestuur -
|
Provided by Telfer Inc
© DotNews. All Rights Reserved.