|
“Mense se vermoë om ‘n inkomste te verdien en hulself en hul gesinne te onderhou, staan sentraal tot hul reg tot menslike waardigheid.” (Geneem uit die uitspraak van Regter Desai van die saak hieronder – vry vertaal.)
Besoldigings- of loonbeslagleggingsbevele (‘n spesifieke vorm van skuldbeslagleggingsbevel) word dikwels deur skuldeisers gebruik om geregtelik beslag te lê op ‘n skuldenaar se inkomste. Die werkgewer word deur ‘n hofbevel verplig om spesifieke bedrae...
|
|
|
|
Die Belastingseisoen vir individue en trusts is op hande.
Die belangrike datums vir die indiening van jou ITR12 Belastingopgawe vir die periode van 1 Maart 2014 tot 28 Februarie 2015 is: -
- 30 September 2015: Opgawes wat per hand ingedien word, of
- 27 November 2015: Opgawes wat deur e-filing ingedien word of wat met die hulp van ‘n SARS beampte elektronies by ‘n SARS kantoor ingedien word, of
- 29 Januarie 2016: Voorlopige belastingbetalers via eFiling
|
|
|
|
Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes reguleer heelwat aangeleenthede en voordele wat in diensvoorwaardes vervat moet word. Dit plaas ‘n beperking op die toelaatbare ure wat oortyd gewerk mag word, dit reël verhoogde betaling vir oortyd, dit reguleer ook werksure in die algemeen, rusperiodes, etenstye, asook werk op Sondae en openbare vakansiedae. Indien jou jaarlikse pakket egter die vasgestelde pakket oorskry, is die voordele wat die wet reguleer, nie meer op jou van toepassing nie.
|
|