Augustus Se Webwerf : Entrepreneurs En Studies Aanlyn
Business News Daily het ‘n gerieflike lys saamgestel “10 Online Programs to Boost Your Business Skills” op hul webwerf tehttp://www.businessnewsdaily.com/7780-online-business-education-programs.html.
Baie van die materiaal en opleidingsprogramme is gratis. ‘n Wye reeks kursusse is beskikbaar vir die entrepreneur en sakepersoon. Kyk wat is alles beskikbaar. Besluit watter kursus pas die beste in by jou behoeftes, jou beskikbare tyd en by jou program. Kies die toepaslike kursus en begeef jou in die verskillende aanbiedingsformate waarin die kursus beskikbaar gestel word. Daar is video-aanbiedings, artikels, aanlyn-gespreksgroepe, seminare, geleenthede vir samewerking en vir praktiese toepassing en uitvoering van wat jy geleer het.
‘n Mens kan ook nie heeltyd agter die lessenaar besig wees nie. Ons stem almal saam met die wetenskaplikes dat dit ons goed doen om gereeld in die buitelug te wees. Kyk gerus na die artikel “Surprising science-backed ways to boost your mood” op Business Insider se webwerf tehttp://www.businessinsider.com/science-backed-things-that-make-you-happier-2015-6.
Uit die HAT:
Horologie: 1. Wetenskap van tydmeting of van die konstruksie van tydmeters. 2. Die beginsel en kuns om instrumente te maak vir die aanduiding van tyd. [Grieks hora tyd (van die dag) + -logie]
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.