Besoldigingsbeslagleggingsbevele – Is Twee Miljoen Van Hulle Nou Ongeldig? Aksieplanne Vir Die Werkgewer, Skuldeiser En Skuldenaar
Besoldigings- of loonbeslagleggingsbevele (‘n spesifieke vorm van skuldbeslagleggingsbevel) word dikwels deur skuldeisers gebruik om geregtelik beslag te lê op ‘n skuldenaar se inkomste. Die werkgewer word deur ‘n hofbevel verplig om spesifieke bedrae van sy werknemer se salaris af te trek en dit aan die skuldeiser oor te betaal. Hierdie oorbetalings moet gedoen word totdat die oorspronklike skuld, rente en kostes ten volle afbetaal is.
(As die dokumente in Engels opgestel is, word verwys na “Garnishee orders” of “Emoluments Attachment Orders” of EAO’s)
Onbehoorlike gebruik! Die Hoë Hof kyk na die feite.
Skuldeisers wat hierdie prosedure gebruik voer aan dat wanneer dit reg gedoen word, dit tot almal se voordeel kan wees. Dit kan ‘n koste-effektiewe manier wees om skuld in te vorder en dit is minder ingrypend as wat batebeslaglegging en verkopings in eksekusie sal wees.
Daar is egter geleentheid vir misbruik van die proses. ‘n Onlangse saak in die Hoë Hof in Kaapstad met ‘n groep laagbesoldigde werkers as gesamentlike applikante, het die risiko van misbruik duidelik uitgewys. Die werknemers het nie hul mikro-lenings stiptelik betaal nie. Hulle is almal deur skuldinvorderaars gesien wat hul oortuig het om toestemmings te onderteken tot die toestaan van vonnisse vir skuld teen hulle tesame met hul ondernemings om die skuld maandeliks af te betaal. Hulle het ook skriftelik ingestem tot die uitreiking van loonbeslagleggingsbevele teen hulle en hulle het ook skriftelik ingestem dat ‘n hof in ‘n ander distrik as waar hulle woon, wel jurisdiksie in die aangeleentheid sou hê. As deel van die hofsaak het die applikante ontken dat die dokumente wat hulle onderteken het, aan hulle verduidelik is. Hulle het ook ontken dat hulle die dokumente in vrye wil onderteken het.
Die loonbeslagleggingsbevele wat uitgereik is, het die werknemers (skuldenare) dikwels met onrealistiese en onbekostigbare aftrekkings gelaat. In een geval is beslag gelê op meer as die helfte van ‘n skuldenaar se salaris. ‘n Ander werknemer was basies haar hele salaris kwyt, nadat drie beslagleggingsbevele op dieselfde dag teen haar toegestaan is.
Bevele wat ongeldig verklaar is – die praktiese gevolg.
Die Wet op Landdroshowe reguleer die uitreiking en toestaan van skuldbeslagleggingsbevele en loonbeslagleggingsbevele. Daar is geen beperking op die getal bevele wat teen ‘n skuldenaar uitgereik kan word nie; daar is ook geen beperking op die bedrag wat afgetrek kan word nie. Die bevele kan ook deur die klerk van die hof uitgereik word. Dit het tot gevolg dat in sommige landdroshowe ‘n beslagleggingsbevel verkry kan word bloot op die feit dat daar reeds ‘n vonnis verkry is. Dan is daar ook die vreemde verskynsel dat die skuldenare gevra word om in te stem tot die jurisdiksie van landdroshowe ver weg van die landdroshowe waar hulle woon en werk. Die praktiese gevolg hiervan is dat hulle nie toegang het of insae het of kan verkry in die hofverrigtinge teen hulle nie.
Die Hoë Hof bevind dat hierdie bepalings van die Wet op Landdroshowe ongrondwetlik is. Die loonbeslagleggingsbevele wat verkry is, word as onwettig en ongeldig verklaar.
Die uitspraak hou natuurlik gevolge vir alle rolspelers in. Van die Respondente het reeds aangedui dat hulle die uitspraak op appèl gaan neem. Die Grondwetlike Hof moet ook die Hoë Hof se verklaring van dele van die wet as ongrondwetlik oorweeg en bekragtig. Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling is blykbaar reeds dringend besig om die wysigings aan die wet op te stel.
Die onmiddellike praktiese gevolg (ten minste in die Wes-Kaap) is dat –
Wat moet intussen gebeur? Loonbeslagleggingsbevele wat reeds aan die nuwe vereistes voldoen is steeds geldig en afdwingbaar. Mediaberigte dui aan dat tot soveel as twee miljoen bevele nou ongeldig kan wees. Alle belanghebbendes behoort dus ondersoek in te stel na die geldigheid van bestaande bevele wat uitgereik is en wat al beteken is.
As ‘n werkgewer wil jy nie die risiko neem om ‘n geldige en bindende hofbevel te ignoreer nie. Die beslagleggingsbevel kan op aansoek deur die hof ongeldig verklaar word of die skuldeiser kan jou self skriftelik in kennis stel dat dit (dalk tydelik) nie nodig is om die beslagleggingsbevel na te kom nie. As nie een van hierdie gevalle op jou as werkgewer van toepassing is nie, behoort jy in beginsel enige loonbeslagleggingsbevel steeds as geldig te beskou, totdat jou regsverteenwoordiger die feite en die dokumentasie deurgegaan het en jou uitdruklik tot die teendeel adviseer.
Daar word steeds uiteenlopende mediaberigte, kommentaar en interpretasies gepubliseer oor hierdie onderwerp. Sommige daarvan is erg verwarrend en sommige daarvan is misleidend. As jy as werkgewer met verskeie besoldigingsbeslagbevele van jou werknemers te make het, verkry eerder toegepaste advies oor die verdere hantering van elkeen van hulle.

- Loonbeslagleggingsbevele mag nie meer deur ‘n klerk van die hof uitgereik word nie. Dit mag slegs onder geregtelike oorsig toegestaan word. Dit beteken dat ‘n landdros so ‘n bevel moet toestaan. Die landdros sal ook volledig moet ingaan op die finansiële posisie van die skuldenaar, en ook oortuig moet wees van die bekostigbaarheid van die voorgestelde aftrekking, voordat hy of sy ‘n gepaste bevel sal toestaan.
- In gevalle waar die Nasionale Kredietwet van toepassing is (die meeste gevalle) sal slegs die hof waar die skuldenaar werk of waar hy woon jurisdiksie hê. Dit sal dit makliker maak vir die skuldenaar om die hofverrigtinge by te woon en om sy saak te stel.
Wat moet intussen gebeur? Loonbeslagleggingsbevele wat reeds aan die nuwe vereistes voldoen is steeds geldig en afdwingbaar. Mediaberigte dui aan dat tot soveel as twee miljoen bevele nou ongeldig kan wees. Alle belanghebbendes behoort dus ondersoek in te stel na die geldigheid van bestaande bevele wat uitgereik is en wat al beteken is.
As ‘n werkgewer wil jy nie die risiko neem om ‘n geldige en bindende hofbevel te ignoreer nie. Die beslagleggingsbevel kan op aansoek deur die hof ongeldig verklaar word of die skuldeiser kan jou self skriftelik in kennis stel dat dit (dalk tydelik) nie nodig is om die beslagleggingsbevel na te kom nie. As nie een van hierdie gevalle op jou as werkgewer van toepassing is nie, behoort jy in beginsel enige loonbeslagleggingsbevel steeds as geldig te beskou, totdat jou regsverteenwoordiger die feite en die dokumentasie deurgegaan het en jou uitdruklik tot die teendeel adviseer.
Daar word steeds uiteenlopende mediaberigte, kommentaar en interpretasies gepubliseer oor hierdie onderwerp. Sommige daarvan is erg verwarrend en sommige daarvan is misleidend. As jy as werkgewer met verskeie besoldigingsbeslagbevele van jou werknemers te make het, verkry eerder toegepaste advies oor die verdere hantering van elkeen van hulle.
Provided by Kramer Villion Norris - KVN
© DotNews. All Rights Reserved.