“Avoiding a decision is itself a decision … probably the wrong one”
Besluite, besluite – ons bestee daagliks hope tyd aan die neem van besluite. Die meeste daarvan is gering, maar elke nou en dan is daar ‘n groot, belangrike besluit wat geneem moet word. Dit is dalk iets soos "Moet ek uit my 9-tot-5 werk bedank en daardie bakkery begin waarvan ek nog altyd gedroom het?" of "Moet ons die huis verkoop en kus toe trek?" of selfs “Moet ons onderneming op die JSE noteer?”.
Ongeag watter moeilike besluit vir jou wag, onthou dat uitstel die makliker uitweg is, maar die meeste van die tyd is dit nie die verstandige keuse nie. Pak liewer die bul by die horings met die Nege Sleutelpunte in Psyche se artikel oor hoe om ’n moeilike besluit te neem “How to make a difficult decision” hier.
Uit die HAT:
Kurator 1. hoof van ‘n kunsgalery, museum of dieretuin 2. persoon wat aangestel is/word om die sake te behartig van iemand wat onder kuratele gestel is. 3. lid van ‘n raad van toesig oor ‘n inrigting.
Verkwis ww. Oordadig uitgee; op onvoordelige wyse gebruik; vermors; verspil: geld en goed verkwis.
|