|
|
|
|
|
|
Koop jou eerste huis – jy benodig ‘n aksieplan
|
|
Om jou eerste huis te koop, is altyd ‘n opwindende tyd in jou lewe. Daar is niks wat hiermee vergelyk nie en dit bly ‘n belangrike stap in jou lewe.
Voorbereiding is hier belangrik. Dit is nie iets wat jy holderstebolder aanpak nie.
Vat jou tyd en doen deeglike beplanning. Ons kyk na die belangrikste aspekte. Hoe moet jy begroot, hoeveel kontant gaan jy benodig, hoe kan jy die regte woning identifiseer? Laastens maar nie die minste nie – hoe moet jou aanbod daarna uitsien sodat jy nie in ‘n slaggat beland nie?
|
|
|
|
|
|
|
|
“Jy word afgedank” teenoor “Nee, ek bedank” – wie is reg?
|
|
Wat staan jou te doen as ‘n werknemer wat ernstig oortree het, die dissiplinêre proses omseil deur te bedank?
Volgens ‘n beslissing van die Arbeidshof wat in 2016 gelewer is, is die werknemer buite die bereik van die werkgewer sodra die werknemer met onmiddellike effek bedank het.
Onlangs het die Arbeidshof weer die teendeel bevind. Ons kyk na die nuutste uitspraak en die gevolge wat dit vir ‘n werknemer inhou wat van ‘n dissiplinêre verhoor wil ontkom. Hoe kan jy die oortreder lank genoeg in diens hou sodat hy na afloop van ‘n verhoor vir wangedrag afgedank kan word.
|
|
|
|
|
|
|
Jou webwerf van die maand: Slaap soos ‘n (groot) baba
|
|
Sonder voldoende slaap kan jy nie jou beste gee nie. Swak slaapgewoontes kan selfs die risiko van latere demensie en Alzheimers verhoog.
Onlangse navorsing hieroor het onverwagse resultate gelewer. Dit blyk dat senior uitvoerende beamptes die beste slaap inkry van alle groepe wat aan die navorsing deelgeneem het. Hoe meer senior die posbeskrywing, hoe beter die slaapgewoontes. Hoe is dit moontlik? Ons verwys julle na ‘n artikel wat die redes ondersoek en wat wenke gee oor hoe om saam met die hoogste bome ’n goeie en gesonde nagrus te geniet.
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|