|
|
|
|
Invordering van agterstallige heffings: ‘n Nuwe risiko vir die Regspersoon
|
|
Heffings is die lewensbloed van ‘n gesonde deeltitelskema. Eienaars en trustees neem gerus kennis van ‘n onlangse uitspraak van die Appèlhof wat die regspersoon se reg om ‘n eienaar, wat weier om sy agterstallige heffings te betaal, te sekwestreer wesentlik inperk.
Dit het ernstige gevolge op die regspersoon se vermoë om agterstallige gelde in te vorder deur die waarde in die eenheid self te ontsluit. Tree dus vroegtydig op om agterstallige heffing in die kiem te smoor.
|
|
|
|
|
|
|
Direkteure en die gevaar van misdadigheid
|
|
Direkteure het baie uitdagings insluitend die gevaar dat hul as misdadig (“delinquent”) verklaar kan word of op die proef (“probation”) gestel kan word.
Ons bespreek wie aansoek kan doen om ‘n bevel van misdadigheid te verkry en die ernstige gevolge wat dit vir ‘n direkteur inhou as dit toegestaan word.
Lees ook oor ‘n onlangse saak in die Hoë Hof waar miljoene rande van die publiek ingesamel is en die planne om ‘n internasionale lughawe te bou wat nie deurgevoer is nie. Die direkteur bevind hom nou vir ‘n tydperk van sewe jaar in niemandsland.
|
|
|
|
|
|
|
Verhuurder en Huurder – Wie betaal vir herstelwerk wat nie gemagtig is nie?
|
|
Jy huur ‘n huis en die geiser pak op of die swembad begin lek. Die verhuurder ignoreer jou versoeke om die probleme reg te stel of weier dit deurlopend. Kan jy die herstelwerk self laat doen en die herstelkostes van jou huurgeld aftrek?
Ons kyk na ‘n onlangse saak in die Hoë Hof wat sleg afgeloop het vir die huurder.
Ons deel ook ‘n paar wenke vir beide verhuurders en huurders oor moontlike hulpmiddels om sulke duur en onnodige geskille in die toekoms te vermy.
|
|
|
|
|
|
|
Skuldeisers – Daardie Spesiale Notariële Verband sal vir 30 jaar hou
|
|
Positiewe nuus vir skuldeisers: ‘n Onlangse Appèlhofuitspraak bevind ten gunste van ‘n skuldeiser en beveel die betaling van die verskuldigde bedrag van R500 000. Die skuldenaar was ‘n beslote korporasie en die lid wat persoonlik borg geteken het vir die terugbetaling van die skuld.
Ons verduidelik wat ‘n spesiale notariële verband oor roerende bates behels. Ons verduidelik hoe dit jou na drie jaar teen ‘n verweer van verjaring kan beskerm, hoe dit jou eis kan verseker en hoe hierdie beskerming vir ‘n tydperk van 30 jaar geldig en afdwingbaar sal bly.
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|