View Online  |  Forward Newsletter
October 2022

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 

 

Moslem Huwelike:  Die Regte van Gades en Kinders in Egskeidings.

On 28 June 2022, the Constitutional Court (“Con Court”) handed down judgment in an application brought by the Women’s Legal Centre Trust (“WLCT”) to confirm an order of the Supreme Court of Appeal (“SCA”). The order legally recognises Muslim marriages and declares certain sections of the Marriage Act 25 of 1961 (“the Marriage Act”) and the Divorce Act 70 of 1979 (“the Divorce Act”) unconstitutional in that they fail to recognise marriages solemnised in accordance with Sharia law as being valid for all purposes in South Africa, and that they subsequently fail to regulate the consequences of such recognition.

Ons howe het reeds verskeie sake aangehoor wat die behoefte aan die erkenning van Moslem-huwelike en die impak op Moslem-huwelike wat as gevolg daarvan uitgesluit is van volledige wetlike beskerming, verder beklemtoon het. Voor die Konstitusionele-hof se nuutste uitspraak was vrouens  wie partye tot Moslem-huwelike is, baie kwesbaar in egskeidings en erfreg aangeleenthede.

Die waarnemende regter Pule Tlaletsi van die Appèlhof het in sy uitspraak gesê:
Women in Muslim marriages must be fully included in the South African community so they can enjoy the fruits of the struggle for human dignity, equality and democracy.”

Die Konstitusionele-hof se uitspraak het verreikende implikasies vir die lewens van vroue in Moslem-huwelike asook vir hul kinders.

Die parlement het nou 24 maande tyd om te besluit of beide die Huwelikswet en die Egskeidingswet gewysig moet word en of wetgewing aanvaar moet word wat genoegsame erkenning aan Moslem-huwelike verleen. Intussen is die Egskeidingswet van toepassing op Moslem-huwelike wat bestaan het op, of bevestig was ná 15 Desember 2014, asook huwelike gesluit ingevolge Sharia-wetgewing, wat egter teen 15 Desember 2014 beëindig was, maar waarteen daar regsprosesse ingestel was.

Die voormelde huwelike word, vir doeleindes van die Egskeidingswet, deur ons hoogste Hof as huwelike buite gemeenskap van goed hanteer, mits daar bewys word dat ander ooreenkomste tussen die gades bestaan, wat op ‘n ander bestel dui. Alhoewel Moslem-huwelike dus as huwelike buite gemeenskap van goed beskou word, het die Konstitusionele-hof beveel dat 'n gade in 'n Moslem-huwelik toegelaat moet word om 'n hof te nader om te vra dat die bates van die ander gade verdeel word op 'n wyse wat die Hof billik mag vind, ongeag wanneer die huwelik gesluit was. Waar die man, meer as een gade het, sal die hof alle relevante faktore moet oorweeg om te bepaal wat 'n billike verdeling behoort wees.

Prakties gesproke, beteken bostaande tussentydse bevel van die Konstitusionele-hof, dat vroue wat voor 15 Desember 2014 geskei is ingevolge Sharia-wetgewing en wie op daardie stadium nog nie ‘n hof formeel genader het om in te gryp oor ‘n bate-verdeling vir wat hulle as onregverdig beskou het, ongelukkig regtens dus geen aanspraak op regshulp het nie.

Die tussentydse bevel is nie 'n permanente oplossing nie. Dit is egter 'n stap in die regte rigting. Die vraag of hierdie aangeleentheid na die hof terugverwys sal word, sal afhang of die staat gaan voldoen aan die bevel om die bestaande wetgewing te wysig, of nuwe wetgewing binne die toegelate 24 maande die lig sal laat sien.

Groete / Regards
Andre, Eberhard, Cheryl-Anne & Hennie Van Zyl 

 

 
 
 
ArticleImage  
Gaan Jy in Jul Groepbehuisingskompleks Bou? Wees Bedag op die Voorgeskrewe Termyne.

Die bou van jou eie huis in 'n groepbehuisingskompleks van jou keuse is opwindend en sinvol op vele vlakke. Maak net vooraf seker dat jy reg gaan wees om binne die voorgeskrewe tye wat die HEV (Huiseienaarsvereniging) spesifiseer te bou.

In ‘n onlangse hooggeregshofsaak moes die eienaar heffings teen 'n boetekoers betaal. In uitsonderlike gevalle, is daar ook die verdere risiko dat die ontwikkelaar sou kon aandring op die heroordrag van die erf, op die bestaande eienaar se kostes.

Die boeteheffings gaan aansienlik wees – vyf keer die normale koers in hierdie spesifieke geval, met ander gevalle wat agt of selfs tien (!) keer normale heffings behels. Soos die hof daarop wys, kan boeteheffings nie te tegemoetkomend wees nie, anders sal welgestelde eienaars hulle bloot nie daaraan steur nie.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
Why You Should Sign a Power of Attorney Before You Emigrate or Travel  
ArticleImage

Leaving South Africa for foreign climes, whether permanently or for an extended period, probably means leaving behind unfinished business or financial affairs, and/or property or other assets needing to be dealt with.

And whilst it is certainly possible for you to sign documentation, contracts and the like whilst in another country, the inconvenience and costs likely to be associated with the necessary authentication procedures – to meet local requirements – are avoidable.

We discuss what a power of attorney (POA) is, the difference between a “special” power of attorney and a “general” one, what they involve, why and when you should consider signing one (or several), and how to structure each one to be valid and fit-for-purpose.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
Krediteure: Hoe om Jou Eis met 'n Notariële Verband te Verseker.

Om geld uit te leen of krediet aan 'n ander individu of besigheid te verskaf, hou altyd  onvermydelike risiko in. Jy kan daardie risiko tot ‘n mate verminder deur byvoorbeeld soveel sekuriteit as moontlik oor die skuldenaar se bates te registreer. Jy wil daardeur seker maak dat as die ergste gebeur en jou skuldenaar dit nie maak nie, jy die beste kans het om jou lening te verhaal. As daar ‘n insolvensie is wil jy darem aan die voorpunt staan wanneer daar dividende uitbetaal word afkomstig van die bates wat onderhewig is aan jou formele sekuriteit.

Ons bespreking fokus op die twee tipes notariële verbande wat met roerende bates tot jou beskikking is, naamlik “spesiale” en “algemene” notariële verbande. Ons sal sien hoe hulle verskil en hoe elkeen by jou beplanning moet inpas. Met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofbeslissing, sluit ons af met 'n bespreking oor hoe jy die tekortkominge van 'n algemene notariële verband aansienlik kan versterk deur die verband op die regte tyd te “perfekteer”.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
Dismissed for Criticising a Mine’s “No High Heels in the Workplace” Rule  
ArticleImage

One can certainly understand that a mining operation, in complying with its legal obligation (shared by all employers) to provide a healthy and safe environment in the workplace, would take steps to require that employees wear suitable footwear while on duty. And it’s no surprise that a risk assessment carried out by the mine concluded with an instruction to all employees to wear only flat shoes at work.

But the employer’s dismissal of an employee for “gross insubordination” and “incitement”, after she was instructed to stop wearing high heels and vented her dissatisfaction to her colleagues, was overturned with a Labour Court order to retrospectively re-instate her.

We discuss the reasons for that outcome and share some valuable lessons for all employers flowing from the judgment.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  

“staatsie” uiterlike vertoon;prag;praal; ‘n hooggeplaaste met staatsie ontvang.   

in staatsie lê (lyk van ‘n hooggeplaaste of beroemde persoon)  voor sy/haar begrafnis in ‘n gewyde plek soos ‘n kerk deur lede van die publiek besigtig kan word om hul eer te betoon.

[Via Ou Frans estage   uit Latyn staticum getimmerte, podium.]

 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)