|
|
|
|
11 Vrae oor die POPI-wetgewing om vir jouself af te vra voor 30 Junie 2021
|
|
Teen middernag op 30 Junie 2021 moet jy voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (POPI-wet) as jy op enige manier persoonlike inligting van “‘n data onderwerp” prosesseer. Baie min besighede en organisasies sal buite die net val, en nog minder sal die vrystellings kan gebruik. Die risiko van nie-nakoming is aansienlik.
Ons stel elf belangrike vrae as ‘n hulpmiddel voor vir jou en jou besigheid om te oorweeg, voor die wet in werking tree.
Ons sluit af met kommentaar vir die administrateurs van Gemeenskapskemas (Huiseienaarsverenigings en Regspersone van Deeltitelskemas.)
|
|
|
|
|
|
|
Die verbandklousule wat die kooptransaksie op risiko plaas
|
|
Om ’n eiendom te koop of te verkoop is ‘n opwindende belewenis. Sodra die transaksiedokumente geteken is, sal jy wil hê dat die oordragproses aan die gang kom en glad verloop van daar af. Dit help as jy die proses verstaan en as jy pro-aktief kan optree om ‘n suksesvolle oordrag te verseker.
Wees veral bedag op die verbandklousule in die koopooreenkoms. As die koper nie daarin slaag om teen die ooreengekome datum verbandfinansiering te verkry nie, is daar nie meer ‘n bindende ooreenkoms nie. Ons kyk na die verbandklousule, waarom dit vir die verkoper en die koper belangrik is, wat dit moet bepaal en hoe ‘n mens te werk moet gaan om dit te wysig, te verleng of daarvan afstand te doen.
|
|
|
|
|
|
|
|
Kan jy jou huweliksbedeling verander, nadat julle reeds in die huwelik getree het?
|
|
Die huweliksklokke lui lustig en jy is dalk nie daarop ingestel om die mees gepaste huwelikgoederebedeling vas te stel nie. Jy moet egter hieraan aandag gee – jou besluit hieroor is van uiterste belang. Jy wil nie later uitvind dat jy nie op jou eie ‘n verbandlening kan verkry nie of eendag verneem dat jou boedel gesekwestreer is as gevolg van die onbetaalde skuld van jou gade nie; wat ‘n risiko is as jy in gemeenskap van goedere in die huwelik tree.
Ons kyk na die drie keuses wat beskikbaar is; beklemtoon dat julle hierdie keuse moet uitoefen voordat julle in die huwelik tree en kyk na die moontlikheid om die huweliksgoederebedeling te verander, selfs nadat julle in die huwelik getree het.
|
|
|
|
|
|
|
Webwerf van die maand: “ Teamwork Tips from My Octopus Teacher”
|
|
“So, you thought that My Octopus Teacher was there to teach us about cephalopods; its real message is about the value of teamwork and what we can achieve if we work together.”
Lees gerus “Teamwork Tips from My Octopus Teacher” op die Catalyst webwerf, en kyk ook na die onderhoud met die rolprent se regisseur oor spanwerk en sy gedagtes oor “the power of collaboration, shared passion and purpose”.
Uit die HAT:
Seekat s.nw. weekdier van die klas Cephalopoda met agt slymerige vangarms met twee rye suiers wat baie beweeglik is en in alle rigtings krul en kronkel; dit beweeg deur spuitaandrywing, skuil in donker plekke, kan van kleur verander en kan dit deur ‘n donker inkwolk onsigbaar maak; oktopus.
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|