From :

Forward newsletter to :

Email Name
 

This is the preview of the newsletter you're about to send.

VZK | February 2021 Newsletter
 
View Online  |  Forward Newsletter
February 2021

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 

Hennie van Zyl, one of our directors, was recovering from his bout with Covid when he was reminded that it was his turn to provide something for our firm’s February Newsletter.  Not feeling too great and having contemplated all scenarios during his ordeal he thought to provide a short version of what would be required from one’s executor should the final curtain be drawn with the hope that it would assist our readers to ensure their basic estate planning is on sound footing.

Die eerste taak van ‘n benoemde eksekuteur, of sy agent, sal natuurlik wees om te verseker dat die oorledene se boedel, so spoedig doenlik, by die kantoor van die Meester van die Hoë Hof aangemeld word in die regsgebied waar die oorledene woonagtig was vir die laaste twaalf maande voor afsterwe. Maak dus seker dat u benoemde eksekuteur beskikbaar is en nog aktief boedels beredder, anders sou dit beter wees om dadelik ‘n nuwe testament te laat optrek.  

Die eksekuteurs se pligte, soos in die Boedelwet omskryf, ontstaan sodra die Meester van die Hoë Hof 'n eksekuteursbrief uitreik wat hom of haar formeel aanstel. Die aanstelling en verpligting beëindig eers by sy afsterwe of sodra die Meester of die hof hom formeel van die eksekuteurs-plig onthef.

Die genomineerde Eksekuteur moet met die familie van die oorledene vergader en sekere dokumentasie kry, soos die doodsertifikaat, 'n lys van bates en laste, 'n huweliksertifikaat of huweliksvoorwaardekontrak indien die oorledene buite gemeenskap van goedere getroud was, asook besonderhede verkry van enige vorige huwelik(e) van die oorledene, egskeidingsbevele en besonderhede van voor-oorlede eggenote van die oorledene.

Sodra die Eksekuteur formeel aangestel is moet hy sorg dat die voorgeskrewe kennisgewing aan die skuldeisers gepubliseer word om hulle in kennis te stel van die oorledene se afsterwe en hulle die geleentheid te gee om eise teen die boedel in te stel. Hierdie kennisgewing word gepubliseer in die Staatskoerant asook ‘n plaaslike koerant, waar die oorledene ten tyde van die afsterwe gewoon het.

Alle bankrekeninge wat ten tyde van die dood gebruik was moet voorts gesluit word en die fondse word in 'n aparte bankrekening, bekend as 'n “boedel-wyle-bankrekening”, oorgedra, wat deur die eksekuteur beheer en hanteer word onder die toesig van die Meester.

Sodra die eksekuteur ‘n volledige prentjie het van die bates en laste van die oorledene, moet hy 'n likwidasie- en distribusierekening opstel waarin uiteengesit word welke krediteure betaal moet word, welke erfgename, of begunstigdes, watter bates sal ontvang, asook watter bates en eise nog ingevorder moet word. Die rekening moet, nadat dit aan die Meester voorgelê was en toestemming daarvoor verleen is, geadverteer word.  Indien daar geen besware teen die rekening ingedien word, binne ‘n tydperk van 21 dae wat dit rekening ter insae gelê het, moet die eise betaal en bates verdeel word dáár ooreenkomstig. Dit moet ses maande na die datum van aanstelling gedoen word.

Die  boedel word normaalweg as afgehandel beskou nadat bewyse van vereffening en verdeling aan die Meester voorgelê was saam met ‘n sertifikaat tot dien effekte deur die eksekuteur. Indien die Meester tevrede is met die voorlegging sal hy ‘n kennisgewing van liassering aan die Eksekuteur uitreik as bevestiging dat die boedel beredder is en die Meester se lêer gesluit is.

Contact VZK to discuss your will and estate planning or if you need assistance in drafting or updating your will. 

Groete en Beste wense / Regards and best wishes.

Hennie van Zyl |  Director



 
 
 
ArticleImage  
Arrest and a Criminal Record for Not Wearing a Mask
With media reports of arrest and a criminal record for those caught flouting the laws on wearing a face mask in public, we discuss both the circumstances in which you risk arrest, and the substantial downsides of acquiring a criminal record.

Why is a criminal record to be avoided at all costs? How can you get rid of a record if you do end up with one? 

We address both questions with a focus on the “admission of guilt fine” option you are likely to be offered after arrest and on why talking to your attorney before considering any such offer is essential.
Read More
 
 
 
 
 
 
 
Die koop van eiendom: Bevestig die Verkoper se huwelikstatus!  
ArticleImage
Die toename in eiendomsverkope in verkeie sektore is grootliks te danke aan die heersende lae rentekoerse en laer verkooppryse. Indien jy een van die menigte kopers is wat van hierdie geleenthede gebruik wil maak, moet jy hierdie belangrike waarskuwing ter harte neem.

Jy mag dalk dink dat dit niks met jou te make het of die verkoper getroud is al dan nie. Dit het egter baie met jou te make en dit is vir jou as koper belangrik om te weet wat die verkoper se huwelikstatus is. ’n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl maak dit duidelik dat jy die risiko loop om jou huis te verloor, selfs nadat oordrag reeds geskied het, waar die verkoper in gemeenskap van goed getroud is en sy of haar gade nie skriftelik tot die verkoop van die eiendom toegestem het nie. Jy kan ook nie staatmaak op dit wat die verkoper vir jou vertel nie – jy moet self “redelike navrae maak en ondersoek” instel om veilig te wees. Lees verder vir meer hieroor ...
Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
Be Prepared for The Cost of Dying
While nobody wants to contemplate their own passing, we live in dangerous times and it is important to think about how your death will affect your loved ones financially. Planning appropriately can make a big difference to the impact that your family will feel.

There are many taxes and costs associated with winding up an estate. These all need to be considered when putting together a plan for what will happen to your assets after you die.

Read on to learn about some of the major expenses your estate will face, and how to think about planning for them.
Read More
 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)