View Online  |  Forward Newsletter
March 2023

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 


Can a minor child be held liable for damage caused in our law?


Sometimes minor children act in a manner that causes physical harm to another person or the possessions of that person. When will the father, (or mother, depending on the personal circumstances), of such a minor child be held liable in our law for such action?

Jannie is ses jaar oud en in Graad R. Sy moeder en vader werk en is nie by die huis om hom na skool te versorg nie. Hy gaan dus na ‘n nasorgsentrum na skool. Daar word hy een middag geterg deur ‘n groter seun en in ‘n woedebui, neem hy die seun se rugsak wat in die gang aan ‘n haak hang en gooi dit op die grond. Waarvan hy egter nie bewus was nie, is dat die groter seun se elektroniese tablet binne in die rugsak was. Die tablet word onherstelbaar beskadig. Die groter seun se ouers dring aan daarop dat Jannie se ouers die skade deur Jannie aangerig vergoed deur ‘n nuwe tablet te koop. Jannie se ouers weier. Kan Jannie se ouers regtens verantwoordelik gehou word vir die optrede van Jannie en dus vir die skade gely deur die groter seun se ouers?

Die toonaangewende uitspraak in ons reg is die een van De Beer v Sergeant waar Regter Hiemstra in 1976 die geleentheid gehad het om hierdie kwessie van aanspreeklikheid van die vader van ‘n minderjarige wat n skadeveroorsakende handeling pleeg, te oorweeg. Die hof bevind as volg:

'n Vader het die plig om teen sy minderjarige seun op te tree waar hy sien dat die seun besig is of op die punt staan om skade aan te rig. Die plig vloei voort uit die filiale verhouding wat bestaan tussen pa en seun en en die vermoë van die vader om te kan ingryp. Versuim om dit te doen is nalatigheid.

Daar is geen absolute aanspreeklikheid van 'n vader vir die onregmatige dade van sy minderjarige kind nie. Aanspreeklikheid kan voortvloei

  1. uit 'n diensverhouding wanneer die skade binne die bestek van die kind se werkverrigting gedoen word;
  2. uit opset met die kind as middellike dader, (waar die vader met opset die kind ‘n skadeveroorsakende handeling laat doen); en
  3. uit nalatigheid, d.w.s. in gevalle waar die vader in die omstandighede in staat was om in te gryp en om ontoereikende redes versuim het om dit te doen. Dit is nie nodig dat die vader noodwendig teenwoordig hoef te wees nie, want nalatigheid kan ook lê in die versuim om voorsienbare veroorsaking van skade deur die kind te voorkom byvoorbeeld waar ‘n vader sy minderjarige seun toelaat om ‘n voertuig te bestuur wel wetende dat die seun heel moontlik onverskillig gaan bestuur.

Jannie se ouers was nie een teenwoordig by die nasorg toe die voorval plaasgevind het nie. Hulle kon dus nie beheer oor Jannie uitoefen om sodoende die optrede van Jannie te verhoed nie. Die skade wat Jannie aangerig het was ook nie voorsienbaar nie. In teendeel, gegewe dat die nasorgsentrum kontraktueel verbind is daartoe om na die kinders in hulle sorg om te sien, behoort daar ‘n goeie argument uitgemaak te word dat die nasorgsentrum nalatig was deur nie behoorlike toesig oor Jannie uit te oefen nie en daardeur verantwoordelik is vir die skade aangerig.

Kan Jannie krimineel vervolg word vir opsetlike saakbeskadiging? Om daarmee te slaag moet die Staat bewys dat Jannie:

  1. Geweet het dat wat hy doen verkeerd is, en
  2. Dat hy geweet het daar is ‘n tablet in die rugsak.

Jannie is ses jaar oud. Hy het dus beperkte toerekeningsvatbaarheid, met ander woorde, sy vermoë om te begryp wat is reg en verkeerd, is beperk en die reg sal hom daarom nie vervolg nie. Hy was ook nie bewus van die teenwordigheid van die tablet in die rugsak nie en kon hy dus nie die nodige opset vorm om die tablet te beskadig nie.

Groete / Regards

Eberhard, Cheryl-Anne & Andre

 

 

 
 
 
ArticleImage  
Budget 2023: Your Tax Tables and Tax Calculator

Individuals and special trusts will benefit from bracket and other inflation-linked adjustments proposed in Budget 2023.

To help you quantify the changes to transfer duty, income tax rates and retirement taxes, we share both the official Tax Tables and a link to Fin 24’s Budget Calculator (just follow the four-step process to do your own calculation).

The Tax Tables cover Transfer Duty, Individuals and Retirement Lump Sum Withdrawals.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
Installing Home Solar – How to Comply with the Regulatory Requirements  
ArticleImage

As Eskom’s woes deepen, more and more homeowners are looking at installing solar panel systems to keep the lights on.

Government promises of assistance will no doubt accelerate this trend, but in addition to the myriad practical considerations you need to address (have a look at our list of important questions to ask a prospective installer before accepting any quote) be aware of the regulations that apply. Ignore them at your peril – there are threats of severe penalties for anyone installing solar without having the necessary authorisations in place. 

We’ll share some tips on keeping on the right side of the law, and we’ll end off with a closing thought on the pros and cons of going totally off-grid.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
Met ingang 1 Maart 2023: Nuwe Verdienstedrempel en Nasionale Minimumloon

Werkgewers en werknemers moet kennis neem van die verhogings in beide die Nasionale Minimumloon (NML) en die “Verdienstedrempel” waarvoor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) voorsiening maak, welke verhogings vanaf 1 Maart 2023 in werking tree. Die drempel het ook 'n impak op die beskerming van werknemers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) en die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI).

Ons bespreek hierdie verhogings. Vir diegene wat huiswerkers in hul diens het, verwys ons jou dan na ‘n aanlyn "lewende loon" sakrekenaar wat kan help om seker te maak dat jy jou huiswerker genoeg betaal om die "minimum behoeftes" van 'n huishouding te kan dek

Ons kyk ook kortliks na die voordele en beskerming wat nie meer vir daardie werknemers wat nou bo die aangepaste verdienstedrempel verdien, beskikbaar sal wees nie.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)