Ons maak toenemend gebruik van sekuriteitsmaatskappye om ons teen misdaad te beskerm, by ons huise en by ons besighede.
Wat gebeur as jou sekuriteitsmaatskappy jou in die steek laat? Kan jy ‘n eis teen hulle indien?
Ons bespreek die geval van ‘n inbraak by ‘n slaghuis. ‘n Geoefende groep inbrekers het hoekslypers gebruik om toegang tot die slaghuis se kluis te verkry. Die alarm in die dak is geaktiveer, maar dit het ‘n powere reaksie van die sekuriteitsmaatskappy ontlok. Die hof moes eerstens beslis of die reaksie nalatig was of nie. Indien wel nalatig, moes die hof dan verder daaroor besin of die uitsluitingsklousules in die ooreenkoms die maatskappy teen regsaanspreeklikheid vir hul nalatigheid beskerm het.