Mediaberigte dui aan dat tot soveel as 50 000 eiendomsagente sonder die verpligte Getrouheidswaarborgsertifikate praktiseer. Dit kan wees dat heelwat agente bloot ophou praktiseer het. Dit is ook moontlik dat die agent wat jou huis verkoop het of verhuur het (of dit nou opsetlik of onwetend is) nie meer by die Raad op Eiendomsagentskapaangeleenthede as ‘n agent geregistreer is nie.
Hoe raak dit jou as verkoper of verhuurder? Ons kyk ook na hoe dit die agent raak. Dit is van uiterste belang vir ‘n agent om toe te sien dat sy Sertifikaat jaarliks hernu word. Ons kyk ook na die gebruik van elektroniese bevestiging van registrasie met behulp van EAAB se PrivySeals.