Baie besighede wat persele ingevolge huurkontrakte huur, bevind hulself tans in ‘n netelige posisie. As gevolg van die COVID-19 pandemie en die effek daarvan op ons ekonomie, is baie van hulle nie op die oomblik in staat om huur te betaal nie. Huurders en verhuurders van regoor die spektrum wonder nou wat hul regsposisie onder hierdie omstandighede is. “Force majeure” word wyd en syd verkondig as ‘n metode waardeur huurders uit hul huurkontrakte kan ontsnap. Indien dit die geval is, gaan baie verhuurders noustrop trek; en indien nie, gaan heelwat huurders finansiële ondergang in die gesig staar.
Ons kyk na wat presies die begrip force majeure beteken. Ons bespreek ook die twee verskillende situasies wat huurders en verhuurders moet oorweeg. Ons sluit af met “prakties riglyne vir onderhandeling” en die gedagte dat hierdie algemene beginsels ook op kontrakte in die algemeen van toepassing is, en nie slegs op huurkontrakte nie.
|