Verkopers van eiendom – Wees reg vir SPLUMA
Daarom is dit ’n goeie idee om nie te lank wag voordat jy al die statutêre vereistes nakom nie. Neem dus nou reeds kennis van die nuwe vereiste waaraan jy moontlik binnekort sal moet voldoen (en waaraan verkopers in sekere dele van die land reeds moet voldoen) voordat die oordrag van jou eiendom kan plaasvind. Die indiening van ’n formele “SPLUMA” nakomingsertifikaat. (“SPLUMA” is ‘n afkorting wat gebruik word vir die Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik Bestuur Wet, of “Spatial Planning and Land Use Management Act”).
Daar is (ten tyde van die skrywe hiervan) verwarring oor wat presies vereis word. Hoewel ’n formele nakomingsertifikaat tans slegs in sekere munisipale gebiede vereis word, is daar sprake dat hierdie vereiste teen Oktober 2020 landwyd van toepassing gaan wees.
Dit is die moeite werd om in elk geval die reëls na te kom!
Nieteenstaande die statutêre vereistes, is dit in elk geval die moeite werd om seker te maak dat jy ten volle aan alle wetgewing en maatreëls voldoen lank voordat jy nog met die verkoopsproses begin. Jy wil nie op ’n latere stadium sukkel met ’n koper se bewerings van onregmatige bouwerk of sonerings-oortredings nie.
Verkry professionele advies (vroegtydig sodat jy regstellende stappe kan neem indien nodig) en maak seker dat –
- Bouplanne vir alle strukture en aanbouings goedgekeur is,
- Jou eiendom se gebruik met die sonering daarvan ooreenstem, en dat
- Daar nie enige oorskrydings oor boulyne of eiendomsgrense is nie.
Provided by BSA Law | Bruno Simao Attorneys
© DotNews. All Rights Reserved.