View Online  |  Forward Newsletter
December 2021

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 

Volmagte en persoonlike beplanning / Powers of Attorney and personal planning.

As we are fast approaching that time of the year that everything needs to be readied for any eventuality that may befall us over a time of joyful festivities, and with the dangers of traveling vast distances, we invariably tend to reflect on our vulnerabilities. As planners and pragmatist, we would like to make sure that matters are in safe hands should anything unplanned happen to us. For that reason, we would normally revisit our wills, and if we do not have one, get it drawn up, even if sometimes rather hastily, without considering all aspects. But death is not the only situation that needs planning for.  The probability of a debilitating disability or being unable to communicate for whatever reason, certainly also warrants specific planning, and we should consequently look if there is any value of granting a Power of Attorney, to a loved one, a friend, or trusted lawyer.

’n Volmag is ’n formele dokument waarkragtens ’n individu (“die prinsipaal”) ’n ander (“die agent”) magtig om regshandelinge namens hom of haar uit te voer, soos om byvoorbeeld na banksake om te sien of om eiendom te koop of verkoop.

Volmagte kan Algemeen, of spesiaal (spesifiek), van aard wees. 'n Algemene Volmag verleen algemene bevoegdhede aan die agent deur die prinsipaal om enige denkbare regshandelinge namens hom of haar uit te voer. Daarteenoor word 'n spesiale volmag slegs verleen vir ‘n spesifieke doel. Dit hou dus slegs verband met 'n spesifieke handeling of handelinge, soos uiteengesit in die dokument, en is geldige vir niks anders nie.

‘n Volmag kan ook spesifieke beperkings inhou, soos byvoorbeeld dat dit slegs geldig sal wees ten opsigte van ‘n spesifieke jurisdiksie, of vir ‘n bepaalde tyd.  Dit is ook  sinvol om algemene volmagte van langdurige aard in terme van die bepalings van die Akteswet te registreer, sodat dit nie verlore kan gaan, of vernietig kan word nie.

'n Volmag is ‘n eensydige handeling en dus nie 'n kontrak nie, maar 'n wilsuiting deur die prinsipaal wat bepaal dat die agent die mag sal hê om namens hom, of haar, op te tree. Deur die ondertekening van 'n volmag, bemagtig die prinsipaal nie net die agent om namens hom op te tree nie, maar dit dui ook dat hy, of sy, aan derde partye bevestig dat die prinsipaal gebonde sal wees aan die handelinge wat deur die agent ingevolge die terme van die volmag verrig word. 'n Behoorlik gemagtigde agent wat 'n kontrak geldig namens 'n ander aangaan, word dus beskerm teen enige aanspreeklikheid wat uit daardie kontrak spruit.

Die belangrikste faktore wat benodig is vir die verlening van ‘n geldige volmag is dat die prinsipaal, asook die agent, duidelik beskryf en geïdentifiseer word in ‘n skriftelike dokument, asook die omvang van die bevoegdhede wat aan die agent verleen word. Ten einde te verseker dat volmag enige toets ten opsigte van formele vereiste slaag, word dit aan die hand gedoen dat die dokument deur die prinsipaal in die teenwoordigheid van twee getuies onderteken word. Vir die gebruik van ‘n volmag in die buiteland sal dit raadsaam wees om spesifieke advies te verkry ten opsigte van die vereistes voorgeskryf in die betrokke jurisdiksie wat mag inhou dat die dokument deur ‘n praktiserende notaris geattesteer word. Waar daardie jurisdiksie nie ‘n onderskrywer is van die Den Haag Konvensie is nie, sal dit beteken dat ‘n verdere dokument vereis mag word waar die notaris se bevoegdheid vanaf owerheidsweë by wyse van ‘n amptelike apostille verklaar moet word.

Waar geen termyn aan die geldigheid van ‘n volmag voorgeskryf is nie,  bly dit regtens geldig tot tyd en wyl dit herroep word, of totdat die spesifieke mandaat aan voldoen is, of enige van die prinsipaal, of die agent oorlede is, gesekwestreer word of geestelik ongeskik raak. Dit beklemtoon die mees algemene wanopvatting met betrekking tot volmagte.  'n Volmag sal nie meer geldig wanneer die gewer nie helder genoeg van verstand is om die wese van die handeling deur sy agent te begryp en te verstaan nie.

Dit is ook belangrik dat die agent, asook enige van die getuies wat die volmag onderteken, geen voordeel uit die uitvoering van die volmag mag verkry nie.

Die meeste banke in traag om volmagte te aanvaar wat nie aan hul eie spesiale dokumentasie, vir doeleindes van finansiële transaksies, voldoen nie.

‘n Volmag kan dus, met die inagneming van die voormelde beperkings, dus ‘n handige instrument wees om te benut vir meeste onvoorsiene omstandighede, maar dit behoort onder streng toesig te geskied en daar moet ‘n absolute vertrouensverhouding tussen die prinsipaal en die agent wees.   Meer as een agent kan in ‘n volmag benoem word om, óf in alternatief op tree, óf hul magtiging kan afhanklik wees dat hulle gesamentlik moet optree.

Hou lekker vakansie en rus goed.  May you experience the true Christmas spirit and return invigorated to tackle yet another challenging year.

Groete / Regards

Hennie, Eberhard & Cheryl-Anne

 
 
 
ArticleImage  
Don’t Let Delays in the Master’s Office Leave Your Family in Financial Distress

When you die your grieving loved ones could face cash flow problems unless you proactively take steps now to ensure that they will have access to enough ready funds for them to live comfortably whilst your estate is being wound up.

Critically, all your bank accounts and other assets will be frozen and inaccessible to your family, and your chosen executor will have no power to deal with anything until officially authorised to do so by the Master of the High Court.

That’s always been a source of delay, but those delays are worsening. We share some ideas on how to shield your family from financial distress at the worst possible time…
Read More
 
 
 
 
 
 
 
As ‘n klant in ‘n winkel val, wanneer kan die winkel gedagvaar word vir skadevergoeding?  
ArticleImage

Daar is min dinge wat ‘n winkeleienaar se hart so bly maak as die Feesseisoen aanbreek. Stampvol winkelsentrums, vrolike massas op soek na die perfekte geskenk, feestelike versierings en spesiale kosse. Meer mense bring natuurlik ook ‘n verhoogde risiko van klante wat “glip of gly”.

Die eerste linie van verdediging is om jou oë oop te hou vir water en plassies op die vloer of ander gevare. Indien jy een van die ongelukkiges is wat in ‘n winkel beseer word, kan jy die winkel dan dagvaar? Wat gebeur indien die winkel of die sentrum oral vrywaringskennisgewings op het wat bepaal dat “Toegang tot hierdie winkel is in geheel op eie risiko”? As ‘n winkel- of winkelsentrumeienaar, wat kan jy doen om jouself teen enige eise te beskerm?

Ons oorweeg hierdie vrae aan die hand van ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof. Hier het die Hof skadevergoeding aan ‘n moeder toegestaan, nadat sy op nat teëls gegly en geval het. Sy het haar val met haar arm gestuit en in die proses haar elmboog gebreek terwyl sy haar baba in haar arms beskerm het.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
PAIA Manuals and the 31 December 2021 Deadline: Crying Wolf Again, or Real This Time?

Once again, a deadline has been set for all businesses, including those currently exempt, to prepare and lodge their PAIA (Promotion of Access to Information Act) Manuals.

This time the deadline is 31 December 2021, and many business owners will be tempted to ignore it as yet another instance of government “Crying Wolf”. That however is probably not a good idea, with indications that this time the deadline may not be extended at the last minute as has happened previously.

We share some thoughts on why that is, and on why, even if a further extension is eventually announced, you should think of complying now anyway.
Read More
 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)