View Online  |  Forward Newsletter
August 2023

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 


Die trustees van die beheerliggaam van ‘n deeltitelskema het ‘n regsplig om uitstaande heffings, rente en kostes te verhaal van ‘n eienaar van ‘n eenheid wat in versuim is om sy of haar maandelikse heffings te betaal. Wat nou gemaak as die oortredende eienaar ter skikking ‘n aanbod maak wat minder is as die totale uitstaande heffings, rente en kostes? Mag die trustees so ‘n skikkingsooreenkoms aanvaar? Hierdie kwessie het ter sprake gekom in ‘n onlangse saak Zikalala v Body Corporate, Selma Court and Another 2022 (2) SA 305 wat aangehoor is in Pietermaritzburg, KwaZulu Natal.

Mnr Zikalalam die appellant, is die eienaar van ‘n eenheid in Selmahof, Durban. Hy het versuim om die heffings en ander bydraes te betaal en die beheerliggaam het aksie teen hom ingestel en vonnis geneem in Februarie 2018. Hy het aangebied om die vonnisbedrag af te betaal by wyse van maandelikse paaiemente van R1 000 elk. Dit is van die hand gewys deur die beheerliggaam. Verdere regstappe en die instel van nog aksies vir verdere uitstaande heffings en bydraes het gevolg en gedurende Maart 2019 het Mnr Zikalala ‘n skriftelike aanbod gemaak waarin hy aanbied om die bedrag van R30 000, welke bedrag hy geleen het by sy familie, te betaal in volle en finale vereffening van die uitstaande bedrag plus kostes. Hierdie aanbod word herhaal tydens ‘n verskyning in die skuldhof en by ‘n volgende verskyning, op 5 April 2019, word die hof meegedeel dat die trustees die aanbod aanvaar het. Op 9 April 2019 rig die prokureurs vir die beheerliggaam ‘n skrywe aan Mnr Zikalala waarin die aanvaarding van die voorgestelde skikking teruggetrek word aangesien dit verkeerdelik aanvaar is. Die voorgestelde betaling van R30 000 sal egter aanvaar word as betaling ten opsigte van die agterstallige bedrae. Dit word geweier deur Mnr Zikalala en die beheerliggaam bring ‘n aansoek om sy eenheid uitwinbaar te verklaar.

Die aansoek word teengestaan deur Mnr Zikalala en hy bring ‘n teenaansoek vir ‘n bevel dat die skikkingsooreenkoms aangegaan in April 2019 met die beheerliggaam, geldig en afdwingbaar is. Hy beweer hy het nie die voorwaardes van die ooreenkoms verbreek nie en dat die terugtrekking van die aanvaarding deur die beheerliggaam eensydig geskied het. Hy het nie net aan die prokureurs van die beheerliggaam sy skikkingsvoorstel gemaak nie, maar ook aan twee van die trustees van die skema, welke twee trustees aangedui het dat dit aanvaarbaar is. Eers nadat die prokureurs vir die beheerliggaam die terme van die skikkingsooreenkoms aan die bestuursagent van die skema meegedeel het, is hulle in kennis gestel dat die werklike bedrag uitstaande R58 619.00 was, wat ver meer as die voorgestelde skikkingsbedrag was. Die trustees self, tydens die aanvaarding van die voorgestelde skikking, was nie bewus van hierdie uitstaande bedrag nie. Die beheerliggaam sou dus met ‘n tekort van R28 619.00 gesit het. Die hof van eerste instansie het Mnr Zikalala se teenaansoek van die hand gewys. Hy teken toe appèl aan na hierdie hof.

Die punt wat die hof moes oorweeg was of die trustees die reg gehad het om ‘n aanbod te aanvaar wat minder is as die bedrag wat verskuldig is deur Mnr Zikalala in soverre die optrede van die trustees strydig was met hulle magte in terme van die Deeltitelskemabestuurswet en die Regulasies. Artikel 7(1) van die Bestuurswet bepaal dat die funksies en magte van die beheerliggaam moet uitgevoer word deur die trustees van die beheerliggaam wat aangestel is in terme van die bestuursreëls. Dit beteken dat in die afwesigheid van ‘n uitdruklike of implisiete mag wat aan ‘n beheerliggaam toegeken word in die Bestuurswet, mag die trustees nie ‘n ooreenkoms aangaan wat buite die magte val wat aan hulle toegeken word nie. In soverre ‘n handeling buite die toegekende magte val, sal die beheerliggaam, synde ‘n statutêre skepping, geag word om buite sy magte op te getree het. So ‘n ultra vires handeling kan ook nie reggestel word by wyse van ‘n spesiale resolusie nie. 

Bestuursreël 25 verskaf uitdruklik die reg aan die beheerliggaam om heffings en bydraes op eienaars in te stel. Waar ‘n eienaar versuim om sy verpligting om hierdie heffings en bydraes te betaal, is die beheerliggaam by magte om die nodige stappe te neem om die bedrae, insluitend rente en kostes, te verhaal. Nêrens in die Bestuurwet of Bestuursreëls is daar enige mag toegeken aan die beheerliggaam om hierdie verpligting te verwater deur ‘n mindere bedrag te aanvaar nie. Daar bestaan nie eens ‘n implisiete reg op die beheerliggaam om ‘n mindere bedrag ter skikking te aanvaar nie. Wat ook al die beweegredes van die trustees was om die voorgestelde skikking te aanvaar, (eerder R30 000 nou as 5 jaar wag vir die volle bedrag), was hulle nie by magte om ‘n skikkingsbedrag vir ‘n mindere bedrag te aanvaar nie. 

Groete / Regards

Eberhard, Cheryl-Anne & Andre, Marzanne & Kume


 
 
 
ArticleImage  
Your New House Leaks Like a Sieve – Can You Sue the Seller?

You and your family move into your new dream home full of happy anticipation but then it rains, and your roof leaks. Badly. 

As you run around with buckets and towels while trying to find a roof repairer available at short notice, you wonder whether you can sue the seller. We’ll address that question with reference to a recent Supreme Court of Appeal judgment concerning a flooded-out guest house and a seller who denied fraudulent non-disclosure of roof defects.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
Kan jou 👍 duim-op emoji of e-handtekening 'n ooreenkoms verseël?  
ArticleImage

In vroëer dae het 'n geskrewe ooreenkoms bestaan uit papier, ink en fisiese handtekeninge. Vandag kan jy vind dat jy gebonde is aan 'n aanlynkontrak en dat daar nie 'n druppel ink betrokke is nie. Ons kyk na ’n onlangse hooggeregshofsaak, waarin ’n skuldenaar hard probeer het om van ’n elektroniese kontrak met sy handtekening daarop te ontsnap – sonder sukses.

Ons kyk ook na 'n internasionaal gerapporteerde saak uit Kanada waarin 'n verkoper se 👍duim-op emoji voldoende was om hom aan 'n SMS-verkoopkontrak te bind. Ons bespiegel of 'n Suid-Afrikaanse hof tot dieselfde gevolgtrekking sal kom. 

Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
Divorce: What is Forfeiture of Benefits and When is it Ordered?

Divorce is at best stressful for everyone, and at worst it involves bitter dispute and recrimination, perhaps to the extent of one or both parties applying for a “forfeiture of benefits” order.

What is that order, how easy is it to obtain, and what factors will the court take into account in deciding whether or not to grant it? We’ll address those questions with reference to three recent and illustrative High Court decisions which involved extra-marital affairs, emotional and financial abuse, and other “substantial misconduct”.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
Hoe om te verhoed dat iemand jou goeie naam op sosiale media beswadder.  
ArticleImage

Wat is die beste manier om jouself te beskerm teen iemand wat jou reputasie beswadder? Dit is deesdae baie maklik om ons of ons besighede aanlyn te beswadder. Dit is veral platforms op sosiale media wat aanvallers die geleentheid bied om vinnige en geteikende lasterlike bewerings en opmerkings oor ander te plaas.

Gelukkig het ons regtens ‘n paar opsies tot ons beskikking. Ons ontleed hierdie opsies met verwysing na 'n onlangse hooggeregshofsaak waar 'n eiendomsontwikkelaar op beide 'n WhatsApp-groep en op Facebook deur 'n kontrakteur aangeval is, wat die trekpas gekry het. 

Read More
 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)