View Online  |  Forward Newsletter
June 2022

Dear Client / Geagte Kliënt


Newsletter
 
 

 

Nuwe Verwikkelinge By VZK

Ons firma se doel voor oë was nog altyd om volgehoue, uitmuntende diens aan ons kliënte te lewer en in lyn hiermee het daar onlangs die volgende skuiwe rondom ons professionele personeel plaasgevind:

Hennie Van Zyl (B.Proc - Prokureur, Notaris & Aktebesorger) het op 1 Maart 2022 uitgetree as direkteur en bly aan by ons firma as Uitvoerende Konsultant. Hennie is ‘n uitstekende prokureur wie se ondervinding, kundigheid en kennis steeds ‘n groot bate vir ons firma is.

Andre Van Greunen (B.Proc.LLB.LLM - Prokureur, Notaris & Aktebesorger) is sedert 1 Mei 2022 aangestel as Direkteur van ons firma. Ons verwelkom Andre en sien uit daarna om met sy hulp ons firma tot nuwe hoogtes te neem.

 

Hoe Om Te Werk Te Gaan Om ‘n Inter Vivos Trust Te Beëindig

We have recently been requested from clients to terminate or deregister a family trust for which there is no further need or function.  What follows is a short explanation of what actions are to be taken when terminating or deregistering a trust in South Africa.

Die registrasie van alle tipes trusts word in Suid-Afrika vanaf staatsweë beheer deur die Departement van Justisie en Grondwetlike-aangeleenthede kragtens die Wet op Beheer oor Trustgoed (Wet 87 van 1988) [Trust Property Control Act 1988].  Die voormelde wet maak nie voorsiening vir die formele beëindiging van trusts nie, maar ‘n gevestigde praktyk het egter oor tyd ontstaan. Die kantoor van die Meester van die Hoë Hof, vir die gebied waarbinne die trustgoed geleë is en waaruit die aanvanklik magtigingsbrief ten gunste van die trustees uitgereik was, sal genader moet word met die versoek om die trust te beëindig.

Alvorens daar tot sodanige versoek oorgegaan word, moet daar in die eerste plek seker gemaak word dat die versoek nie strydig sal wees met enige van die bepalings van die geregistreerde trustakte nie. Almal wie betrokke is by die administrasie van trust, wie onder meer die oprigter, trustees en begunstigdes insluit, moet ook toestem tot die beëindig van die trust, tensy die trustakte anders bepaal.

Algemeen gesproke, vereis trustaktes gewoonlik dat die bates by beëindiging van die trust aan die benoemde begunstig oorgemaak moet word. Die trustakte kan ook onder andere vereis dat die bates óf na verloop van ‘n sekere termyn, óf by die plaasvind van ‘n sekere gebeurtenis, óf die bereik van ‘n bepaalde oogmerk, óf in die absolute diskresie van die trustees, òf by wyse van ‘n resolusie deur alle begunstigdes, aan die begunstigdes oorgemaak moet word.  Maak dus seker dat daar aan die voorgeskrewe vereistes voldoen is, of aan die vereistes voldoen kan word.

Indien daar aan sodanige vereiste voldoen is, of kan word, kan die betrokke Meester van Hoë Hof genader word met die versoek dat die trust formeel beëindig word, welke versoek onder andere vergesel sal moet word met die volgende oorspronklike dokumentasie:

  1. Die laaste formele magtigingsbrief wat die aanstelling van die huidige trustees bevestig.
  2. ‘n Resolusie onderteken deur alle trustees wat bevestig dat trust op daardie stadium nog aktief, maar dormant is, en dat alle bates wat onder beheer van die trustees was aan die begunstigdes oorgemaak is ooreenkomstig die trustakte. Die trustees moet ook verder bevestig dat die trust se bankrekening ‘n nul balans getoon het toe dit gesluit is.
  3. Die finale bankstaat teen sluiting van die rekening.
  4. Bewyse dat die begunstigdes hul onderskeie voordele uit die trust ontvang het.
  5. 'n Beëdigde verklaring deur die trustees wat bevestig dat die trust geen bates meer besit nie.

By ontvangs van bogenoemde dokumente sal die Meester die trust deregistreer.

Die begunstigdes van die trust moet ook kennis neem dat daar moontlik belastingimplikasies vir die begunstigdes mag wees wat ontstaan in die jaar wat die trust beëindig word.

Groete / Regards

Eberhard, Cheryl-Anne, Andre & Hennie

 

 
 
 
ArticleImage  
New Ruling on Divorce Assets: How Does it Affect You?

Whether you are about to tie the knot or about to divorce, you should know about an important new ruling from the High Court, declaring a section of the Divorce Act to be constitutionally invalid.

We start off with a recap of the 3 choices of “marital regime” available to you on marriage, then we discuss whether or not this new ruling will apply to your own marriage situation.

For those of you to whom it does apply, we analyse the practical effect of the Court’s judgment on your financial rights and prospects in divorce.
Read More
 
 
 
 
 
 
 
Verhuurders: Oortreding van soneringsregulasies kan jou huurkontrak ongeldig maak  
ArticleImage

Hierdie is bedoel as ‘n tydige waarskuwing aan eienaars van eiendom om op hoogte te wees met die geldende plaaslike regulasies oor sonering en om daaraan te voldoen. Jy oortree hierdie munisipale regulasies op jou eie risiko.

As verhuurder kan jy tot jou nadeel vind dat jou huurkontrak ongeldig is. Dit kan inhou  dat jy nie jou eise vir agterstallige huurgeld, onbetaalde munisipale dienste of enige ander kostes of uitgawes wat tot voordeel van die huurder aangegaan is, van die huurder verhaal nie. Dit is presies die ongelukkige lot wat 'n verhuurder onlangs getref het. Hier het die hooggeregshof in die guns van 'n huurder beslis wie se besigheid (“koffiewinkel, tuisnywerheid en restaurant”) ooglopend in stryd was met die sonering van “Single Residential 2” wat op die gehuurde perseel van toepassing was.

Ons bespreek die uitkoms in hierdie geval en eindig dan met 'n paar praktiese voorstelle vir beide eiendomskopers en verhuurders.
Read More
 
 
 
 
 
 
 
ArticleImage  
The “Great Resignation” is Upon Us – Know the Law!

One of the many global trends associated with the pandemic is the “Great Resignation”, which has seen mass employee resignations across the board.

As signs emerge that South Africa is beginning to follow that trend, it becomes more essential than ever that both employers and employees understand how our law views resignation, its effect on the employment relationship, and the requirements and procedures relating to it.

We address seven important questions in this regard with reference to a recent Labour Court decision in which an employee, having resigned on the grounds of ill health, attempted to withdraw his resignation after undergoing a “miraculous” recovery.

Read More
 
 
 
 
 
 
 
 Our Directors
             
       
    Eberhard
Kruger
DIRECTOR
021 180 4552 / 082 789 1706
ekruger@vzk.co.za
      Cheryl-Anne
Ehrenreich
DIRECTOR
021 180 4564 / 082 783 7242
cheryl@vzk.co.za
      Andre
Van Greunen
DIRECTOR
021 180 4550
andre@vzk.co.za
   
     Full Bio →

       Full Bio →

       Full Bio →

   
         
     
    Marzanne
Van Wyk
DIRECTOR
021 180 4551
marzanne@vzk.co.za
      Kumedzani
Muloiwa
DIRECTOR
021 180 4578
kume@vzk.co.za
   
     

       

   
         
 
 
 
 
 
 

© LawDotNews & Van Zyl Kruger Inc. This newsletter is a general information sheet and should not be used or relied on as legal advice. No liability can be accepted for any errors or omissions nor for any loss or damage arising from reliance upon any information herein. Always contact your legal adviser for specific and detailed advice.

VAN ZYL KRUGER INCORPORATED (REG. NO 2015/174073/21) (VAT NUMBER 413 0273 172)


www.vzk.co.za

Suite 520 Tyger Lake, Niagara Road,
Tyger Waterfront, Bellville, Cape Town

info@vzk.co.za | Reception: 021 180 4550 | Fax: 021 180 4540


DIRECTORS: E S KRUGER (B.COMM LL.B MPRE); C A EHRENREICH (BA.LL.B LL.M); AJ VAN GREUNEN (BPROC, LLB, LLM);
M VAN WYK (B.COM LLB); K MULOIWA (LLB)
ASSOCIATES: S JANSE VAN RENSBURG (B.COM LL.B); L J CHANTLER (B.COMM LL.B);
A BARNARD (B.COM LL.B DIP.FIN PLANNING); B SCHOLTZ (LL.B)
PRACTICE MANAGER: F BRAVENBOER (NDIP FIS)
EXECUTIVE CONSULTANT: HL VAN ZYL (B.PROC) CONSULTANTS: JAL VAN ZYL (B.JURIS LL.B);
C I’ANSON-SPARKS Solicitor in England and Wales (LL.B(HONS), DIP LEGAL PRACTICE)