|
Die trouseisoen is weer met ons. Hier is ‘n tydige herinnering aan al die gelukkige paartjies daarbuite wat aan julle “Dinge Om Te Doen” lysies werk. Plaas die “vervelige regsdinge” hoog op jul prioriteitslys. Dit behoort beslis nie tussen “Bespreek Airbnb vir Tannie Soekie” en “Was die hond” nie.
Ons bespreek wat presies ‘n voorhuwelikse kontrak / huweliksvoorwaardekontrak (HVK) is, wat dit vir beide van julle beteken, en waarom dit noodsaaklik is vir die beplanning van julle toekomstige lewe saam. Daarna ontleed ons die drie opsies wanneer dit kom by watter “huweliksbedeling” op julle van toepassing gaan wees (met ‘n nuttige praktiese voorbeeld van die “aanwasbedeling” in aksie).
Ons sluit af met ‘n paar gedagtes vir die wat reeds getroud is...
|
|
|
|
Jy besluit om ‘n nuwe werknemer in diens te neem, maar nie een van julle is heeltemal seker of die aanstelling geskik is nie. Gaan hierdie pos en hierdie werknemer bymekaar pas?
Die goeie nuus is dat ons reg jou toelaat om ‘n nuwe werknemer op ‘n proeftydperk aan te stel, juis sodat jy sy/haar geskiktheid vir die pos kan bepaal. Wees gewaarsku – dit beteken nie dat jy vrye teuels het om hom/haar na goeddunke gedurende hierdie proeftydperk te ontslaan nie. Inteendeel, indien enige vorm van korrektiewe optrede nodig sou word, moet jy seker maak dat dit in elke opsig “billik” is.
Ons kyk na hoe jy te werk moet gaan om dit te doen, aan die hand van die toepaslike Goeie Praktykskode en na ‘n praktiese voorbeeld wat onlangs in die Arbeidsappèlhof gedien het.
|
|
|
|
As ons howe die kans gegun word, word daar wel streng teen misdaad opgetree. ‘n Onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl is een van vele gevalle waar slagoffers kon sien dat geregtigheid geskied. Die gereg het suksesvol opgetree teen die oortreders wat hulle geteiken het.
‘n Skelm werknemer van die Sektorale Onderwys- en Opleidingsowerheid (SOOO) het toelaag-begunstigdes op ‘n bedrieglike wyse van R4.9 miljoen se toelaes ontneem. Hy is ‘n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf opgelê. Die feit dat hy ‘n eerste oortreder was, sy bewerings van berou en sy plan om sy slagoffers terug te betaal het die Hof nie beïndruk nie. Die Hof het witboordjie-misdaad, en in besonder bedrog as “’n kanker wat ons land van binne af benadeel” beskryf.
Ons regstelsel se minimum vonnis bepalings het ‘n prominente rol in hierdie geval gespeel. Ons kyk na hoe minimum vonnisse werk, die wye reeks van ernstige misdade waarop dit van toepassing is, en hoe dit aan slagoffers bemoediging gee om te glo dat geregtigheid sal geskied.
|
|