Of jy nou ‘n residensiële eiendomsontwikkelaar is, jou eie huis bou, of ‘n bouer/kontrakteur aanstel om dit te bou, moet jy weet dat dit uiters belangrik is om aan die Wet op Beskermingsmaatreëls vir Behuisingsverbruikers en die vereistes daarvan te voldoen. Dit sluit registrasie by die NHBRC en die betaling van inskrywingsgelde in.
Dit is belangrike wetgewing, ontwerp om “beskerming te bied teen onbevoegde bouers en teen die oprigting van huise met strukturele defekte”. Versuim om aan die Wet se bepalings te voldoen hou ernstige en nadelige nagevolge in.
Ons bespreek twee onlangse en belangrike hofsake wat handel oor die vraag of die Wet op bouers wat trusts is, asook op “koop-om-te-verhuur” ontwikkelaars, van toepassing is.
|