Ons leef in gevaarlike tye. Dit is nou belangriker as ooit om seker te maak dat jou sake agtermekaar is.

‘n Belangrike komponent van jou reëlings om te verseker dat daar na jou naasbestaandes en geliefdes omgesien word wanneer jy nie meer daar is nie, is om ’n geldige Testament in plek te hê. Neem nou die nodige stappe om seker te maak dat jou Testament as geldig aanvaar sal word en dat die risiko dat dit op enige wyse aangeveg gaan word, so laag as moontlik is. 

Dit is nie so eenvoudig as wat dit klink nie. Daar is verskeie uitdagings wat jou naasbestaandes kan inwag as jy nie daarop bedag is nie. Ons bespreek vyf probleemareas wat aangespreek moet word met die opstel van jou testament. Ons deel ook ’n paar wenke oor hoe om ooglopende foute te vermy.
 


Teken aan
Facebook
Dekker Prokureurs/Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Oktober 2020 NUUSBRIEF
Is Jou Testament Geldig?
Ons leef in gevaarlike tye. Dit is nou belangriker as ooit om seker te maak dat jou sake agtermekaar is.

‘n Belangrike komponent van jou reëlings om te verseker dat daar na jou naasbestaandes en geliefdes omgesien word wanneer jy nie meer daar is nie, is om ’n geldige Testament in plek te hê. Neem nou die nodige stappe om seker te maak dat jou Testament as geldig aanvaar sal word en dat die risiko dat dit op enige wyse aangeveg gaan word, so laag as moontlik is. 

Dit is nie so eenvoudig as wat dit klink nie. Daar is verskeie uitdagings wat jou naasbestaandes kan inwag as jy nie daarop bedag is nie. Ons bespreek vyf probleemareas wat aangespreek moet word met die opstel van jou testament. Ons deel ook ’n paar wenke oor hoe om ooglopende foute te vermy.
lees meer

 

 



Verhuurders en Huurders : Vlak 1 van die Inperking en die nuutste reëls oor Uitsettings
ArticleImage Verhuurders en huurders moet let op die regulasies wat gedurende Vlak 1 van die grendeltydperk op uitsettings van toepassing is. 

Sommige huurders sukkel om hul maandelikse huur in geheel te betaal. Verhuurders moet steeds hul maandelikse verpligtinge soos verbandskuld, heffings en munisipale belastings betaal. Geen verhuurder wil oor die lang termyn met ‘n huurder opgeskeep sit wat nie sy finansiële verpligtinge nakom nie. 

Dit bly dus ‘n fyn balans. Ons kyk na die bestaande regulasies en die praktiese gevolge wat dit vir beide partye inhou.
   
lees meer
Besigheid by die huis - Is dit wettig?
ArticleImage Om van die huis af te werk of om ‘n besigheid van die huis af te bedryf is niks nuuts nie. Nou het dit net baie sterker op die voorgrond getree. Dit het nou deel van ons leefstyl- en eiendomsbesluite geword.  

Ons kyk na die neigings in die eiendomsmark. Ons kyk ook na die wetlike aspekte wat van toepassing is op verskillende besighede wat uit residensiële wonings sake doen.

Ons kyk ook na ‘n tersaaklike uitspraak van die Hooggeregshof. Hier het ‘n haarsalon vanuit ‘n huis sake gedoen. Dit het voldoen aan die munisipale en soneringsvoorskrifte, maar dit was in stryd met die reëls en regulasies van die betrokke Huiseienaarsvereniging.
   
lees meer
Vriende en vriendinne: Voordat jy jou voertuig uitleen...
ArticleImage Wat gebeur as jy jou voertuig aan ‘n vriend of ‘n vriendin uitleen, en die persoon weier  botweg om dit aan jou terug te gee. 

Kan jy hof toe gaan met jou registrasiepapiere en op sterkte daarvan aandring dat jou voertuig aan jou terugbesorg word? 

Dit is nie so eenvoudig nie. Om ‘n voertuig in jou naam te registreer, het beslis nie dieselfe effek as om onroerende eiendom in jou naam te registreer nie. Dit gaan jou beslis help om ook die volgende te doen, om jou posisie te verseker ....
   
lees meer
Webwerf van die maand: Hou vas aan jou huis, al het jy jou werk weens COVID verloor.
ArticleImage (Nota: As hierdie nie op jou van toepassing is nie, stuur dit gerus aan iemand wat jy ken, wat jy dink dit wel nuttig sal vind.) 

In hierdie tye is dit dikwels nie maklik om jou verbandpaaiemente ten volle by te hou nie, veral as jy jou werk of jou besigheid as gevolg van die inperking verloor het. 

Jy moet beslis van jou laat hoor wanneer jy enige kennisgewing van die bank ontvang, waarin die bank met enige regsprosesse begin. Die gevaarlikste ding wat jy kan doen is om die probleem te ignoreer. Dit sal die bank noop om verdere stappe teen jou te neem; die bank sal ook heel moontlik stappe neem om jou huis as deel van die bank se sekuritet te verkoop. 

Vir praktiese advies oor wat jou te doen staan (en wat om nie te doen nie) wanneer jy dalk met die betaling van jou huispaaiemente agterstallig raak, lees gerus “Home Repossession: Holding On To Your House In A Time Of COVID-19” op iAfrica.com

Vir die meeste van ons is ons huis ons belangrikste en grootste bate. Kry professionele hulp en advies waar jou huis ter sprake is. 


Uit die HAT: 

Tektoniek s.nw. 1 (geologie) (a) geologiese struktuur in al sy verskynsels.
(b) studieveld wat fokus op die vorming en beweging /verskuiwing van die groot rotsplate waaruit die aardkors bestaan. 
2 (boukunde) wetenskap/kuns van konstruksie, bv. van ‘n gebou, met betrekking tot die gebruik(e) en artistieke ontwerp daarvan. {Grieks tekton timmerman}
   
www.idprok.co.za" imke@idprok.co.za www.idprok.co.za Map to our office
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews