Dit kan enige eienaar tot raserny dryf. ‘n Huurder wat nie sy maandelikse huur betaal nie of wat voortdurend die ooreengekome bepalings van die huurkontrak verbreek. Die versoeking is dan sterk om die grootste slot wat jy in die hande kan kry, op jou perseel se voordeur en sommer die voorhek ook aan te bring.  

Moet dit nie doen nie! Sodra jy die reg in eie hande neem, is jy self besig om onwettig op te tree. Dit hou in dat jy jou blootstel aan onnodige vertragings, bykomende regskostes en bes moontlik ‘n eis vir skadevergoeding.
 


 
NEEM KENNIS:  Hierdie is die Prokureursweergawe van die LawDotNews nuusbrief. Dit bevat tegniese kommentaar en saakverwysings wat hieronder in rooi verskyn. U kliënte se weergawes word sonder hierdie kommentaar en verwysings aan hulle gestuur.

Indien julle van jul personeel op die lys wil byvoeg om die professionele weergawe te ontvang, of van die lys wil verwyder, laat ons asseblief per e-pos weet deur op hierdie skakel te klik.
 
Teken aan
Matthews Enslin Inc.'s Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
November 2016 NUUSBRIEF
Kan ek my huureiendom met nuwe slot en grendel beskerm?
Dit kan enige eienaar tot raserny dryf. ‘n Huurder wat nie sy maandelikse huur betaal nie of wat voortdurend die ooreengekome bepalings van die huurkontrak verbreek. Die versoeking is dan sterk om die grootste slot wat jy in die hande kan kry, op jou perseel se voordeur en sommer die voorhek ook aan te bring.  

Moet dit nie doen nie! Sodra jy die reg in eie hande neem, is jy self besig om onwettig op te tree. Dit hou in dat jy jou blootstel aan onnodige vertragings, bykomende regskostes en bes moontlik ‘n eis vir skadevergoeding.
lees meer
 
NOTA AAN PROKUREURS: Die uitspraak in Taddese and Others v Peer NO and Others (5250/2016) [2016] ZAKZDHC 26 is beskikbaar op Saflii.


‘n Stryd tussen Dawid en Goliat. Befondsing vir litigasie
ArticleImage ‘n Mens sal graag wil hê dat die reg vir alle litigante toeganklik moet wees. Ongelukkig is die kostes van litigasie in die hoër howe ‘n wesentlike faktor. Dit beteken dat diegene wat hul saak in die hoër howe wil voer, diep sakke en senuwees van staal moet hê. 

Daar is wel iets wat toenemend in die buitewêreld gebruik word en ook meer onlangs in ons land sy verskyning gemaak het, naamlik litigasiebefondsing. Die sogenaamde “Please Call Me” saak is op hierdie manier tot in die Grondwetlike Hof deurgevoer. Dit is die bekendste geval van litigasiebefondsing en dui daarop dat dit wel gebruik kan word. Sommige litigasiefondse fokus slegs op handelsake, terwyl ander ‘n wyer speelveld het.
   
lees meer
 
NOTA AAN PROKUREURS: Hierdie artikel is vir LawDotNews geskryf deur Brandon Irsigler van Jericho Fund www.jerichofund.co.za. U kan vir Brandon kontak per e-pos by brandon.irsigler@jerichofund.co.za of telefonies by 010 312 5072.

Vir ‘n bespreking van ons howe se houding teenoor die regsimplikasies van litigasiebefondsing, kyk gerus na "Litigation Funding and the Law” op  Jericho Fund se webwerf.
Deeltitelskemas: Nuwe vereistes vir ‘n Reserwefonds en ander bepalings
ArticleImage
Die wette waarna verwys word is slegs in Engels uitgebring. Ons praat voortaan van die Bestuurswet (“the Sectional Titles Schemes Management Act”) en van die Ombudswet (“the Community Schemes Ombud Service Act”). Die Bestuurswet is net van toepassing op Deeltitelskemas en vervang die Deeltitelwet se bestuursbepalings. Hierdie wetgewing het op 7 Oktober 2016 in werking getree.
   
lees meer
 
NOTA AAN PROKUREURS: Die Ombuddiens het die relevante en verweefde wetgewing “The Sectional Titles Schemes Management Act No. 8 of 2011” en ook die “Community Schemes Ombud Service Act No. 9 of 2011” op hul webwerf beskikbaar gestel -  tesame met die gepaardgaande Regulasies wat ook hier beskikbaar is.  
Alle Gemeenskapskemas: Nuwe Reëls en ‘n Nuwe Ombud
ArticleImage Die “Community Schemes Ombud Service Act” (die Ombudswet) het op 7 Oktober 2016 saam met die verwante “Sectional Titles Schemes Management Act” (die Bestuurswet soos hierbo na verwys) in werking getree. Dit is van toepassing op alle Gemeenskapskemas (residensieel, kommersieel sowel as industrieel) insluitende –
   
lees meer
 
NOTA AAN PROKUREURS: Die Ombuddiens het die relevante en verweefde wetgewing “Community Schemes Ombud Service Act No. 9 of 2011” en ook “The Sectional Titles Schemes Management Act No. 8 of 2011” asook die voorgeskrewe CSOSA vorms op hul webwerf beskikbaar gestel, tesame met die gepaardgaande Regulasies en ook die “Berekenaar” vir diensheffings wat ook hier beskikbaar is.
November se Webwerf: Benut en ontsluit die fontein van Kreatiwiteit
ArticleImage
Vir sukses op persoonlike vlak sowel as op die vlak as entrepreneur, was kreatiwiteit nog altyd ‘n onontbeerlike faktor. 

Dit is opwindend om te verneem dat wetenskaplikes in hul navorsing oor hoe ons breine funksioneer, al hoe meer oor ons kreatiewe vermoëns uitvind. In die proses ontdek hulle ook hoe ons, ons eie skeppingsvermoë en idees al beter kan aanwend.
   
lees meer
 
NOTA AAN PROKUREURS: Geen notas vir hierdie artikel.
         
 

Suite D1
Westlake Square
1 Westlake Drive
TOKAI, 7945


 Tel:  021 702 3070
Email:  info@matthewsenslin.com
Website: www.matthewsenslin.com

 
         

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews