|
|
|
|
Kan jy regulasies oor die gebruik van grond aanwend om 'n buurman se besigheid te sluit?
|
|
Jy vind dalk dat jy tot raserny gedryf word deur die oorlas van 'n buurman se sakebedrywighede. As jou vele pogings om 'n vreedsame middeweg te vind, tot op hede onsuksesvol was en bly, gaan jy die regsroete moet oorweeg. Dit is iets wat jy so ver moonlik wil vermy, maar as daar geen ander keuse vir jou oorbly nie, moet jy hof toe gaan.
Ons bespreek twee sake waar die bure sake van hul persele bedryf het in stryd met die toepaslike sonering van die eiendomme. Ter afsluiting bespreek ons hoe jy 'n eiendom se sonering en toegelate grondgebruike kan nagaan voordat jy dit koop.
|
|
|
|
|
|
|
|
Krediteure kan ook nou by die hof aansoek doen vir direkteure om as misdadig verklaar te word.
|
|
Maatskappydirekteure moet 'n lys van verpligtinge nakom. Anders kan hul persoonlik aanspreeklik gehou word vir verliese en skulde van hul maatskappy, of strafregtelik aanspreeklik gehou word vir die maatskappy se optrede. Die hof sou ‘n direkteur ook in uitsonderlike omstandighede as misdadig kan verklaar. Enige persoon wat as ‘n misdadige direkteur verklaar word, sal dit as 'n ernstige en benadelende klad en sanksie op sy of haar loopbaan ervaar.
Tot nou toe kon skuldeisers nie self aansoek doen om afvallige direkteure as misdadig te laat verklaar nie, selfs al kon hulle hul verliese direk aan die optrede van die spesifieke direkteur koppel. Dit het nou verander na ‘n onlangse beslissing van die hooggeregshof. Ons kyk hierna om te bepaal onder watter omstandighede die hof skuldeisers sal magtig om so ‘n aansoek te bring en wat skuldeisers moet bewys om hiermee te slaag.
|
|
|
|
|
|
|
|
Ons raak formeel.
|
|
“Copyright” of “Copywrite”?
Hierdie twee Engelse terme word soms met mekaar verwar, en word ook soms verkeerdelik deur speltoetsers “reggemaak” of uitgewys. Alhoewel dit ook in Engels op dieselfde manier uitgespreek word, het dit verskillende betekenisse. "Kopiereg" (“Copyright”) is die bekende en erkende manier waarop ons regstelsel wetlike beskerming bied aan skeppers van artistieke en kreatiewe werke oor hul intellektuele eiendom. Die kreatiewe skepping van verstand en gees. Kopiereg in Suid-Afrika vestig outomaties in jou as die skepper van oorspronklike werke en vereis nie registrasie nie; maar die byvoeging van 'n kopieregkennisgewing met 'n "©"-simbool en die jaar van skepping by jou werk, sê vir voornemende plagiate dat jy ernstig is om jou kopiereg (“copyright”) in jou werke te beskerm.
Wat dan van “copywrite”? ‘n Kopieskrywer "copywrite" - letterlik, "skryf copy" – dit is dus gepaste, soms pittige, bewoording wat deur iemand geskryf word, gewoonlik vir een of ander vorm van advertensies of wat in ander bemarkingskommunikasie gebruik word.
|
|
|
|
|
|
|
|
Mag jy 'n gesonde,
gelukkige en suksesvolle
2024 hê!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Uitsluiting
|
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.
|
© DotNews. All Rights Reserved.
|
’n Kliëntskakelingsdiens van
DotNews |
|
|
|