Die Regspersoon en die Agterstallige Heffings: Is sekwestrasie ‘n realistiese opsie?
Trustees van ‘n Regspersoon sal weet hoe belangrik dit is om agterstallige heffings in te vorder. Elke eienaar van ‘n Deeltitelskema het ’n direkte belang daarby dat alle eienaars hul deel van die heffings betaal. As die normale invorderingsproses nie betaling inbring nie, watter ander opsies is dan tot jul beskikking?
Dit gebeur soms dat ‘n aansoek vir sekwestrasie teen ‘n agterstallige eienaar gebring word. Dikwels is die blote aanvang van die proses voldoende om die gewenste reaksie uit te lok en betaling te bewerkstellig. Neem tog kennis van die gevaar van ‘n bydrae tot regskoste.
Ons kyk hierna en na ‘n uitsonderlike geval waar die Regspersoon as die skuldeiser wat die aansoek geloods het, ‘n bydrae moes maak tot die sekwestrasiekostes.