Afdanking is altyd ‘n drastiese remedie. Ons howe is dikwels nie hiervoor te vinde nie. As ‘n werknemer die algemene verpligting om lojaal, eerlik, en in die beste belang van sy werkgewer op te tree, verbreek, is afdanking ‘n besliste moontlikheid.
Ons kyk na die geval van ‘n munisipale werknemer met 29 jaar diens. Ongelukkig was dit ‘n geval van botsende belange toe die munisipaliteit met sy vrou en met sy broer se besighede begin sake doen het. Hierdie geval is ‘n tydige waarskuwing aan werknemers om Benjamin Franklin se raad te volg dat “eerlikheid die beste beleid is”.