Wanneer jy eiendom in ‘n gemeenskapskema koop, bind jy jouself om aan die reëls en regulasies van die betrokke skema te voldoen. Daarom moet jy darem die skema se reëls en regulasies lees en verstaan voordat jy ‘n eiendom daarin koop – ons howe sal jou daaraan gebonde hou. 

Nie alle reëls kan deur die skema afgedwing word nie. Eiendomsagente kan gerus kyk na die onlangse uitspraak waarin bevind is dat die afdwinging van spoedbeperkings en die inperking van die beweging van huishoudelike werknemers ondersoek is. Die Hooggeregshof bevind dat dit nie die skema se plek is om dit te doen nie.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Februarie 2018 NUUSBRIEF
Veiligheidslandgoed: Is die Reëls afdwingbaar?
Wanneer jy eiendom in ‘n gemeenskapskema koop, bind jy jouself om aan die reëls en regulasies van die betrokke skema te voldoen. Daarom moet jy darem die skema se reëls en regulasies lees en verstaan voordat jy ‘n eiendom daarin koop – ons howe sal jou daaraan gebonde hou. 

Nie alle reëls kan deur die skema afgedwing word nie. Eiendomsagente kan gerus kyk na die onlangse uitspraak waarin bevind is dat die afdwinging van spoedbeperkings en die inperking van die beweging van huishoudelike werknemers ondersoek is. Die Hooggeregshof bevind dat dit nie die skema se plek is om dit te doen nie.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Werknemers neem kennis. Botsende belange kan tot afdanking lei.
ArticleImage
Afdanking is altyd ‘n drastiese remedie. Ons howe is dikwels nie hiervoor te vinde nie. As ‘n werknemer die algemene verpligting om lojaal, eerlik, en in die beste belang van sy werkgewer op te tree, verbreek, is afdanking ‘n besliste moontlikheid. 

Ons kyk na die geval van ‘n munisipale werknemer met 29 jaar diens. Ongelukkig was dit ‘n geval van botsende belange toe die munisipaliteit met sy vrou en met sy broer se besighede begin sake doen het. Hierdie geval is ‘n tydige waarskuwing aan werknemers om Benjamin Franklin se raad te volg dat “eerlikheid die beste beleid is”.
   
lees meer
Jou eis kan verjaar. Maak seker dat jy vertroud is met die verskillende gevalle van verjaring.
ArticleImage
As jy te lank neem om ‘n eis in te stel, kan jy die reg om ‘n eis in te stel in geheel verloor.  Dit is die gevolge van verjaring. Dit is soos om geld in die water te gooi.  Dit kan ook in geheel vermy word. 

Wat as jy glad nie geweet het dat jy in die eerste plek ‘n eis gehad het nie? Die Grondwetlike Hof het onlangs hieroor uitspraak gelewer. Die hof sê ons moet eers vasstel of die misgissing toe te skryf is aan onkunde oor die feite of onkunde oor die regsposisie. Die bron van jou onkunde gaan bepalend wees. Dit kan jou baie geld kos ...
   
lees meer
Trustee: Eiendomstransaksie – wat is die risiko dat jy persoonlik aanspreeklik gehou kan word?
ArticleImage
‘n Verkoper van eiendom het ‘n Trustee persoonlik gedagvaar vir ‘n bedrag van R 2 miljoen. Dit het geblyk dat die trustee nie gemagtig was om die transaksie namens die trust te sluit nie en die transaksie het platgeval. 

Watter stappe moet trustees neem om hulself teen persoonlike aanspreeklikheid te beskerm? Watter stappe moet kopers en verkopers neem wanneer hulle met trusts ooreenkomste sluit?   

Lees gerus verder …
   
lees meer
Webtuiste van die Maand: Tydsberekening is Alles
ArticleImage
In beide jou besigheid en jou persoonlike lewe is tydsberekening van kritieke belang. 

Maar hoe gaan ‘n mens te werk om te bepaal wat jy op watter tyd vir maksimale effektiwiteit moet aanpak? Wanneer is dit die beste tyd van die dag om kreatief te wees, om besluite te neem, om te analiseer of om te onderhandel?  Wanneer is ons op ons mees produktiewe? Wanneer is ons paaie die veiligste? Wat is die ideale ouderdom om te trou? 

Hier is ‘n blog inskrywing wat die wetenskaplike antwoorde op hierdie en ander noodsaaklike lewensvrae bespreek...
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews