|
Die gevalle van padwoede is aan die toeneem. Indien jy die ongelukkige slagoffer hiervan word, moet jy jou opsies teen die oortreder oorweeg.
Jy het dalk ‘n eis vir skadevergoeding. Jy behoort die voorval by die polisie aan te meld. Die Hooggeregshof het onlangs ‘n oortreder se skuldigbevinding aan aanranding en strafregtelike krenking bevestig. Ons kyk kortliks na die feite van die saak. Die risisko om ‘n kriminele rekord te kry is waarskynlik ‘n groter afskrikking vir oortreders as wat ‘n boete is.
|
|
|
|
‘n Fluitjieblaser in die werksomgewing geniet wetlike beskerming vir sy of haar aanmelding. Hiervoor sorg die Wet op Beskermde Openbaarmakings, maar slegs indien die aanmelding voldoen aan die wet se vereistes.
Ons kyk na die geval van ‘n werknemer wie se aanmelding aan haar werkgewer feitelik nie korrek was nie. Sy is afgedank omdat sy nie met haar kollegas oor die weg kon kom nie. Die Arbeidsappèlhof moes beslis of sy afgedank is omdat sy ‘n fluitjieblaser was of nie. Hier is lesse te leer vir werkgewers en werknemers. Ons let veral op die belangrike vrae wat ‘n voornemende fluitjieblaser moet oorweeg, voordat hy of sy ‘n aanmelding doen.
|
|
|
|
Dit is lankal nie meer ongewoon vir mense om in ‘n saamwoonverhouding te leef, sonder om formeel te trou nie (of selfs om ‘n burgerlike verbintenis te registreer of om ‘n gebruiklike huwelik aan te gaan). Daar is wel ‘n mite van ‘n sogenaamde gemeenregtelike huwelik wat sou onstaan as lewensmaats saamwoon.
Kom ons praat reguit hieroor, ons kyk na die risiko as jy niks doen nie en die verhouding kom dan tot ‘n einde en ook na ‘n maklike en praktiese oplossing wat jy nou al kan toepas.
|
|