Tydens die koop of verkoop van eiendom is daar baie van jou geld op die spel. Dit is nie die tyd om kanse te waag nie.

Onthou, dit is gewoonlik te laat om vrae te vra nadat jy die koopkontrak onderteken het, so kom ons kyk na twaalf vrae wat jy behoort te vra voordat jy jouself tot enigiets verbind.

Sommige van hierdie vrae hoef jy net as 'n verkoper te vra, ander net as 'n koper. Die meeste van die vrae is wel belangrik vir beide die koper en die verkoper. As jy hierdie vrae nie vra nie, beteken dit dat jy nie al die inligting het om moontlike risiko's en probleme te hanteer, soos wat hulle manifesteer nie.

Bemagtig jouself met kennis. Vra die regte vrae op die regte tyd en dring aan op volledige antwoorde!

 


Teken aan
Nelson Borman & Partners's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Augustus 2022 NUUSBRIEF
Twaalf vrae wat jy moet vra voordat jy daardie koopkontrak onderteken

Tydens die koop of verkoop van eiendom is daar baie van jou geld op die spel. Dit is nie die tyd om kanse te waag nie.

Onthou, dit is gewoonlik te laat om vrae te vra nadat jy die koopkontrak onderteken het, so kom ons kyk na twaalf vrae wat jy behoort te vra voordat jy jouself tot enigiets verbind.

Sommige van hierdie vrae hoef jy net as 'n verkoper te vra, ander net as 'n koper. Die meeste van die vrae is wel belangrik vir beide die koper en die verkoper. As jy hierdie vrae nie vra nie, beteken dit dat jy nie al die inligting het om moontlike risiko's en probleme te hanteer, soos wat hulle manifesteer nie.

Bemagtig jouself met kennis. Vra die regte vrae op die regte tyd en dring aan op volledige antwoorde!

lees meer


Direkteure – Wanneer is ‘n direkteur persoonlik aanspreeklik?
ArticleImage

As 'n maatskappydirekteur loop jy gewoonlik nie die risiko om in jou persoonlike hoedanigheid vir die skulde van die maatskappy gedagvaar te word nie. Daar is wel uitsonderings hierop. Direkteure en krediteure moet dit in gedagte hou.

Ons kyk na 'n hooggeregshofsaak waar die koper op 'n veiling mislei is oor die ouderdom van die voertuig wat te koop aangebied is. Die koper se pogings om die koopprys van die maatskappy te verhaal het misluk. Hierna het sy haar visier op die direkteur gerig en hom persoonlik gedagvaar.

Die eiser was suksesvol met haar eis teen die direkteur in sy persoonlike hoedanigheid. Haar oorwinning sal hoop gee aan die vele slagoffers van korporatiewe oortredings wat nie hul geld van die maatskappy self kan terugkry nie.

   
lees meer
Die risiko met familielenings: 'n Les van R540 000
ArticleImage

Dit voel dalk oordrewe om aan te dring dat 'n lening tussen familielede in 'n formele kontrak opgeteken moet word. In werklikheid is dit die sinvolle roete om te volg, soos ons sal sien in die lig van 'n hofstryd tussen 'n dogter en haar ouers oor 'n lening van R540 000.

Dit is nie duidelik uit die feite of hierdie dispuut tussen familielede uit 'n misverstand of uit iets erger gespruit het nie. Dit illustreer wel hoe maklik dinge verkeerd kan loop as die besonderhede van ‘n lening nie behoorlik ooreengekom en aangeteken word nie.

Ons wys daarop dat hierdie risiko tussen die mees gehegte familielede en gesinslede bestaan. Ons kyk na vyf moontlike scenario's waarin die afwesigheid van 'n formele kontrak tot trane kan lei.

   
lees meer
Afgedank vir gebruik van KBD-olie (kannabidiol-olie) (“CBD”) en die rook van dagga, in vrye tyd.
ArticleImage

Die Grondwetlike Hof het die privaat gebruik van dagga vir alle praktiese doeleindes gewettig.

Dit beteken nie dat werknemers nou vrye teuels het om dagga te gebruik voordat hulle vir werk aanmeld nie, selfs al gebruik die werknemer dit vir medisinale doeleindes.

‘n Onlangse uitspraak van die Arbeidshof dien as goeie voorbeeld. In hierdie saak is ‘n werknemer afgedank nadat sy KBD-olie (ook bekend as dagga-olie) gebruik het en dagga gerook het, terwyl sy van diens af was. Die Arbeidshof het die afdanking bekragtig. Hierdie uitspraak bevestig dat werknemers, onder toepaslike omstandighede, die reg het om ‘n beleid van zero-toleransie teenoor die gebruik van enige dwelmmiddel deur sy werknemers in te stel en af te dwing – ongeag of die werknemer van diens af is of by die werkplek is.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Sonkrag en die versekeringsrisiko’s wat dit inhou
ArticleImage

Met beurtkrag wat skynbaar nog vir ‘n tyd met ons gaan wees, oorweeg al hoe meer eienaars sonkrag as ‘n alternatief tot Eskom se kragnetwerk.

Wees versigtig dat jy nie in die proses jou versekeraars se reëls oortree nie. Kyk gerus na “Rules homeowners should know before installing solar power” op MyBroadbandHierdie artikel lys vier tegniese regulasies waarvan jy bewus moet wees.

Vir praktiese raad oor hoe om in die eerste plek die sonkragkragroete te oorweeg; en hoe om daarna te werk te gaan - lees nog 'n MyBroadband-artikel “What you should know before installing solar panels and batteries at your home” hierBly ook op datum met die veranderende voorstelle oor Eskom, die voorgestelde aanpassings van hul gebruiklike tariewe, die moontlikheid van sogenaamde “infasseringstariewe” en ook die nuutste planne om die kragkrisis op te los.

   
Website info@nelsonborman.co.za
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews