‘n Hond is die mens se beste vriend, so lui die spreekwoord.


Wanneer jy in ‘n sekuriteitslandgoed woon, is daar sekere reëls en regulasies wat op die inwoners van toepassing is. ‘n Onlangse uitspraak in die Hoë Hof bevestig dat hierdie voorskrifte nagekom moet word.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Desember 2014 NUUSBRIEF
‘n Hondelewe Vir Die St Bernard Op Die Gholflandgoed
‘n Hond is die mens se beste vriend, so lui die spreekwoord.


Wanneer jy in ‘n sekuriteitslandgoed woon, is daar sekere reëls en regulasies wat op die inwoners van toepassing is. ‘n Onlangse uitspraak in die Hoë Hof bevestig dat hierdie voorskrifte nagekom moet word.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Jaarlikse Verlof Kwyt?
ArticleImage
JAARLIKSE VERLOF KWYT?

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD) maak voorsiening vir verlof van ‘n minimum van 15 dae en bepaal verder dat hierdie verlof opgeneem moet word binne 6 maande na die einde van jou jaarlikse verlofsiklus. Werknemers word dus aangemoedig om vir hul eie gesondheid, hul verlof gereeld op te neem; eerder as wat verlof vir jare aaneen opgebou word. 

Daar was altyd uiteenlopende menings oor die vraag of verlof verbeur word, indien dit nie in hierdie ses maande periode opgeneem is nie.

Gebruik dit of verbeur dit

Die Arbeidshof het onlangs bevestig dat sodanige opgehoopte verlof wel verbeur kan word. Jy moet dus oplet na die verlof wat opgebou word en ook in watter jaarlikse verlofsiklus dit val.
Hier kyk ons net na die statutêre minimum verlof van 15 werksdae. Indien jou diensooreenkoms voorsiening maak vir meer as hierdie 15 werksdae, sal jou diensooreenkoms bepaal of dit oorgedra word en of dit verbeur word.


Werkgewers neem kennis

Jou dienskontrak behoort die verlofbeleid duidelik uiteen te sit. Dit behoort ook die gevalle uiteen te sit oor hoe daar meer as die statutêre 15 verlofsdae opgebou kan word. ‘n Werkgewer kan nie by ooreenkoms afstand doen van die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes nie; maar kan wel beter voorwaardes aan die werknemer bied. Die bepaling dat die werknemer sy verlof binne 30 dae na die sluiting van die werkgewer se finansiële jaar moes neem, om te verhoed dat dit outomaties sou wegval was dus onafdwingbaar. Die wet bepaal dat dit vir ten minste ses maande daarna geldig bly en geneem kan word.

NOTA AAN PROKUREURS:  Die uitspraak in Ludick v Rural Maintenance (Pty) Ltd (JS 633/07) [2013] ZALCJHB 291; [2014] 2 BLLR 178 (LC) is beskikbaar op Saflii.

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, wet 75 van 1997, is beskikbaar op Acts Online.
   
lees meer
‘n Goeie Skikking Is Dikwels Beter As ‘n Uiteindelike Oorwinning: Kyk Na Die Nuwe Mediasiereëls
ArticleImage
'n Opwindende nuwe verwikkeling in ons regstelsel is vanaf 1 Desember tot ons beskikking. Die Hofgedrewe mediasie sal vir ‘n toetsperiode in Gauteng en in Noordwes provinsie gebruik word. Dit het ten doel om dispute tussen partye op te los, sonder die hoë kostes, vertraging en vyandigheid wat dikwels met tradisionele litigasie gepaard gaan.

In gebiede waar hofgedrewe mediasie nog nie verpligtend is nie, behoort jy steeds hierdie prosedure te oorweeg, met die oog op ‘n skikking van die dispuut. Mediasie word toenemend deur regsverteenwoordigers en hul kliënte gebruik; hopelik sal hierdie tendens ‘n verdere hupstoot kry met die formalisering hiervan as deel van die voorgeskrewe hofprosedure.
   
lees meer
Verkoop Jy Eiendom? Nuutste Verpligting Om Te Openbaar
ArticleImage “Humankind has not woven the web of life. We are but one thread within it. Whatever we do to the web, we do to ourselves. All things are bound together. All things connect”. 
(Woorde wat aan Hoofman Seathl van Noord-Amerika in 1854 toegedig word.)

Ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit, Wet 10 van 2004, is die eienaars en persone in beheer van grond verantwoordelik vir die beheer en in sommige gevalle die uitwissing van indringerspesies. Dit is nou plante, diere, voëls en visse wat as indringers geïdentifiseer is en wat skadelik is vir ons omgewing, ons biodiversiteit, ons natuurlike spesies en wat ook ekonomiese ontwikkeling benadeel.
   
lees meer
CIPC se Sluitingsdatums Oor Die Feesseisoen
ArticleImage Die kantore van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (“CIPC”) sal gesluit wees vir die publiek vanaf 10h00 op Woensdag 24 Desember 2014 en sal weer oopmaak om 08h00 op Vrydag 2 Januarie 2015.

Dokumente kan op Dinsdag 23 Desember 2014 tot 15h30 ingedien word.
   
Die Desember Webwerf: Sit Terug, Ontspan, Herlaai Jou Batterye Vir 2015
ArticleImage Dit is tyd om ‘n blaaskans te neem en jouself gereed te kry vir ‘n gelukkige en produktiewe 2015.

Hier is ‘n paar gedagtes om jou hiermee te help -
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews