Ons weet almal dat daar besliste voordele daaraan verbonde is om eiendom in ‘n veiligheidslandgoed of ander gemeenskapskema te bekom. Dit is egter belangrik om bewus te wees van al die reëls en regulasies waartoe jy instem wanneer jy koop. Ons howe sal jou feitlik altyd aan hierdie reëls en regulasies verantwoordelik hou.
‘n Goeie voorbeeld is ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. Huiseienaarsverenigings en Regspersone sal beslis die strekking van hierdie uitspraak verwelkom. Hier het die Hof ‘n gholflandgoed se reg gehandhaaf om ‘n spoedbeperking van 40km/h (sowel as die gepaardgaande boetes vir oortreding daarvan) op alle huiseienaars, huurders en gaste wat van die landgoed se paaie gebruik maak, op te lê.
Ons kyk na die feite van die saak (onder andere is spoedboetes van R3,000 op ‘n huiseienaar se dogter opgelê), die uitspraak, en die grondslag van die Hof se beslissing.
|