Ons weet almal dat daar besliste voordele daaraan verbonde is om eiendom in ‘n veiligheidslandgoed of ander gemeenskapskema te bekom. Dit is egter belangrik om bewus te wees van al die reëls en regulasies waartoe jy instem wanneer jy koop. Ons howe sal jou feitlik altyd aan hierdie reëls en regulasies verantwoordelik hou.

‘n Goeie voorbeeld is ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl.  Huiseienaarsverenigings en Regspersone sal beslis die strekking van hierdie uitspraak  verwelkom. Hier het die Hof ‘n gholflandgoed se reg gehandhaaf om ‘n spoedbeperking van 40km/h (sowel as die gepaardgaande boetes vir oortreding daarvan) op alle huiseienaars, huurders en gaste wat van die landgoed se paaie gebruik maak, op te lê.

Ons kyk na die feite van die saak (onder andere is spoedboetes van R3,000 op ‘n huiseienaar se dogter opgelê), die uitspraak, en die grondslag van die Hof se beslissing.
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Mei 2019 NUUSBRIEF
Veiligheidslandgoed: Kan spoedvrate beboet word?
Ons weet almal dat daar besliste voordele daaraan verbonde is om eiendom in ‘n veiligheidslandgoed of ander gemeenskapskema te bekom. Dit is egter belangrik om bewus te wees van al die reëls en regulasies waartoe jy instem wanneer jy koop. Ons howe sal jou feitlik altyd aan hierdie reëls en regulasies verantwoordelik hou.

‘n Goeie voorbeeld is ‘n onlangse uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl.  Huiseienaarsverenigings en Regspersone sal beslis die strekking van hierdie uitspraak  verwelkom. Hier het die Hof ‘n gholflandgoed se reg gehandhaaf om ‘n spoedbeperking van 40km/h (sowel as die gepaardgaande boetes vir oortreding daarvan) op alle huiseienaars, huurders en gaste wat van die landgoed se paaie gebruik maak, op te lê.

Ons kyk na die feite van die saak (onder andere is spoedboetes van R3,000 op ‘n huiseienaar se dogter opgelê), die uitspraak, en die grondslag van die Hof se beslissing.
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Het jy per ongeluk die Verkeerde Persoon Betaal? ‘n Duur Les van R862 000
ArticleImage Jy betaal per ongeluk ‘n groot bedrag geld aan die verkeerde persoon. Of dalk betaal jy die regte persoon, maar jy betaal hom te veel. In ‘n tyd van banktoepassings en aanlyn-betalings, word hierdie soort fout al te geredelik gemaak. Wat staan jou te doen as die ontvanger doodeenvoudig weier om jou terug te betaal?

Daar kan baie geld op die spel wees. Gelukkig bied ons reg aan jou ‘n oplossing (remedie) in die vorm van ‘n eis vir “ongeregverdigde verryking”.

Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, wat hieroor handel. Die bedrag van R861,940 is aan ‘n paartjie uitbetaal toe ‘n bank se toepassing (“app”) nie gewerk het soos wat dit moes nie. Ons bespreek die Hof se uitspraak, en kyk wat jy sal moet kan bewys om met so ‘n eis suksesvol te wees.
   
lees meer
Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk en Werkgewers: Berei nou reeds voor vir die veranderinge in belasting op buitelandse inkomste
ArticleImage Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk (“ekspats”) het tot nou toe belastingvrystelling geniet met betrekking tot vergoeding wat hulle in die buiteland verdien, mits hul voldoen aan die vereistes ten opsigte van die tydperke wat oorsee gewerk is. Hierdie vrystelling sal nou egter gedeeltelik wegval met nuwe wetgewing wat onlangs goedgekeur is.
 
Ons kyk na die huidige vereistes vir vrystelling, wat die nuwe beperkings op die vrystelling gaan wees, of dit jou gaan beïnvloed, wanneer dit in werking gaan tree, en wat jy moet oorweeg om daaraan te doen.

Nota: As jy nie self in die buiteland (as ekspat) in diens is nie, of as jy nie self sulke werknemers in diens het nie, maar jy ken iemand wat wel so in diens is – dalk ‘n familielid, ‘n vriend or kollega – oorweeg dit gerus om hierdie artikel vir hulle aan te stuur.
   
lees meer
Eiendomsagente: Beskerm Jou Handelsgeheime (en Jou Kommissie)
ArticleImage ‘n Geldige Getrouheidsfondssertifikaat (GFS) is ‘n vereiste vir enige eiendomsagentskap. Daarsonder kan geen agent kommissie eis nie. ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof dui daarop dat ‘n agentskap die risiko loop dat al sy kontrakte ongeldig kan wees.
 
Die saak behels ‘n kandidaateiendomsagent in diens by ‘n agentskap met ‘n handelsbeperkingsklousule in haar kontrak. Die kandidaateiendomsagent het haar  agentskap verlaat en by ‘n mededingende agentskap aangesluit. Haar voormalige werkgewer het gepoog om die handelsbeperkingsklousule teen haar af te dwing.

Die agentskap was in vir ‘n skokkende ontnugtering. Die agentskap was reeds vyf jaar gelede formeel van ‘n Beslote Korporasie na ‘n Maatskappy omgeskakel. Die vereiste GFS was egter nog steeds in die naam van die Beslote Korporasie uitgereik. Dit was ‘n baie groot fout...
   
lees meer
Kopers van Eiendom: Daar is ‘n nuwe aftrekking op die rente wat jy op jou Deposito Verdien
ArticleImage Indien jy ‘n deposito aan die oordragprokureur (aktebesorger) betaal wanneer jy eiendom aankoop, maak seker dat jy rente daarop verdien. Dit is dalk nie veel nie (tensy daar lang vertragings met die oordrag is en/of daar groot geld ter sprake is) maar soos die spreekwoord lui, is ‘n halwe eier beter as ‘n leë dop.

Ons deel ‘n paar wenke hieroor, en vestig dan jou aandag op ‘n nuwe aftrekking wat nou gehef gaan word op die rente wat tydens die transaksie deur jou verdien word.

Die heffing is 5% van die rente wat verdien word, dit is verpligtend, en dit word outomaties aan die nuwe Getrouheidsfonds vir Regspraktisyns oorbetaal. Dit word dus tot voordeel van die publiek aangewend. Dit is goed om daarvan bewus te wees sodat dit jou nie onkant betrap wanneer jy die aftrekking op jou finale afrekeningstaat sien nie. 
   
lees meer
Jou Webtuiste en Video van die Maand: Voordat jy in ‘n Uber klim ...
ArticleImage
Vervoerdienste soos Uber is gerieflik en gewild. Jy het dalk al gelees oor aanvalle deur “Uber nabootsers”, sowel as ander veiligheidsoorwegings. In die lig van die “veiligheid eerste” beginsel, is dit belangrik om altyd jou gesonde verstand te gebruik en ‘n paar voorsorgmaatreëls in gedagte te hou wanneer jy sulke dienste gebruik.

Voordat jy weer in ‘n Uber klim, bestudeer eers hulle “Driving safety forward” blad hier. Let veral op die 3 stappe wat jy altyd moet volg voordat jy in die voertuig klim, in die “Check your ride, every time you ride” afdeling (vind dit so ongeveer halfpad ondertoe op die bladsy). Wees ook bewus van die veiligheidsfunksies tot jou beskiking in die toepassing (“app”) self – hulle word gelys in die “Designing a safer ride” afdeling. 

Kyk dan ook na Uber se “Safety Never Stops” video op YouTube


Uit die HAT: 

Vertelkunsterapie s.nw.  Psigoanalitiese benadering/tegniek waardeur die terapeut die kliënt (pasiënt) help om sy/haar lewensverhaal uit te bou en te verryk en daardeur probleemareas uit te lig en aan te pak.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews