Jy koop jou droomhuis. Jy neem oordrag. Die trek is gereël. Jy skakel met die munisipaliteit vir aansluiting van water en elektrisiteit en vir die opening van ‘n diensterekening in jou naam. Die munisipaliteit weier en deel jou mee dat die vorige eienaar nog ‘n historiese (en beduidende) bedrag verskuldig is vir onbetaalde munisipale dienste. Nie alleen wil die munisipaliteit nie die aansluiting doen nie, maar hulle dring ook daarop aan dat jy die ou skulde betaal.

Wanneer jy met jou besigheid begin moet jy ook besluit in watter entiteit jy sake gaan bedryf. In ‘n vorige nuusbrief het ons net liggies hieraan geraak.
Ons gaan nou na die eerste opsie kyk wat tot jou beskikking is. Dit is ook die eenvoudigste. Alleeneienaar. Is dit gepas vir jou omstandighede en vir jou nuwe besigheid?
‘n Onlangse uitspraak van die Hoë Hof wys weereens daarop dat mens by die begin moet begin wanneer jy met ‘n maatskappy sake doen. Het die persoon of direkteur met wie jy werk die nodige magtiging om namens die maatskappy te onderhandel en om bindende ooreenkomste te sluit?
AARTO* en sy beplande puntestelsel (strafpunte) vir verkeersoortredings is definitief nog op ons almal se horison. Besighede en individue moet reg wees wanneer dit waarskynlik later in 2016 op nasionale vlak uitgerol gaan word. (AARTO* is die akroniem vir die Administrative Adjudication of Road Traffic Offences Act).
Entrepreneurs en bestuurders: Gee jou besigheid ‘n inspuiting. Hou jou span gelukkig en produktief met “7 Ways to Keep Your Employees Happy (And Working Really Hard)” op Forbes Tydskrif se webwerf.
Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.