Die COVID-19 pandemie sal mettertyd sy gang gaan en die tyd sal weer aanbreek wanneer sosiale afstand nie meer die norm in ons besighede en private lewens is nie. Selfs wanneer ons eendag by hierdie punt kom, sal die vermoë om kontrakte en ander belangrike dokumente elektronies te voltooi en te onderteken (sonder om fisies teenwoordig te wees) vir almal gerieflik en voordelig wees.

Dit is belangrik om te verstaan hoe ons reg dit moontlik maak. Wanneer sal elektroniese dokumente as “skriftelike” dokumente aanvaar word, wanneer sal “elektroniese handtekeninge” toegelaat word en watter vorme daarvan is aanvaarbaar, in eiendom sowel as ander transaksies. Ons bespreek ook die begrip van “gevorderde” elektroniese handtekeninge” en die aanwending daarvan.

Ons sluit af en kyk na sekuriteitsoorwegings en die moontlikhede van bedrog. Ons bespreek ’n saak waar finansiële adviseurs vir R804 000 gedagvaar is, wat dien as ’n waarskuwing oor die moontlike gevare waarop ons almal bedag moet wees.
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Julie 2020 NUUSBRIEF
Elektroniese Handtekeninge vir Eiendom en ander Transaksies
Die COVID-19 pandemie sal mettertyd sy gang gaan en die tyd sal weer aanbreek wanneer sosiale afstand nie meer die norm in ons besighede en private lewens is nie. Selfs wanneer ons eendag by hierdie punt kom, sal die vermoë om kontrakte en ander belangrike dokumente elektronies te voltooi en te onderteken (sonder om fisies teenwoordig te wees) vir almal gerieflik en voordelig wees.

Dit is belangrik om te verstaan hoe ons reg dit moontlik maak. Wanneer sal elektroniese dokumente as “skriftelike” dokumente aanvaar word, wanneer sal “elektroniese handtekeninge” toegelaat word en watter vorme daarvan is aanvaarbaar, in eiendom sowel as ander transaksies. Ons bespreek ook die begrip van “gevorderde” elektroniese handtekeninge” en die aanwending daarvan.

Ons sluit af en kyk na sekuriteitsoorwegings en die moontlikhede van bedrog. Ons bespreek ’n saak waar finansiële adviseurs vir R804 000 gedagvaar is, wat dien as ’n waarskuwing oor die moontlike gevare waarop ons almal bedag moet wees.
lees meer


Direkteure en Besigheidsredding in die tyd van COVID-19
ArticleImage In hierdie tyd waarin bestaande ekonomiese bekommernisse eksponensieel toegeneem het as gevolg van die COVID-19 pandemie en die langtermyn gevolge daarvan, is dit ongelukkig so dat ’n groot aantal besighede na verwagting nie die mas gaan opkom nie.

As die direkteur van ’n maatskappy weet jy hoe belangrik dit is om te verseker dat die maatskappy nie roekeloos of onder insolvente omstandighede sake doen nie. Indien jou besigheid tekens van finansiële nood toon, is dit noodsaaklik om dadelik op te tree. Spoedige aksie is belangrik, nie net om jou eie regsposisie te beskerm nie, maar ook om jou maatskappy se kanse om na winsgewendheid terug te keer, te versterk.
 
Wat is die verskil tussen likwidasie en besigheidsredding? Hoe werk besigheidsredding in die praktyk? Lees gerus verder vir die antwoorde op hierdie vrae...
   
lees meer
Ons nuwe normaal: Die gebruik van Zoom vir oorlegpleging in die afleggingsproses.
ArticleImage Ons howe moes reeds op verskeie maniere aanpas by die “nuwe normaal” wat deur die pandemie en die periode van inperking (asook kommernisse oor gesondheid en veiligheid wat daarmee saamgaan) teweeggebring is. Nog ’n belangrike ontwikkeling kan nou gevind word in ‘n nuwe uitspraak van die Arbeidshof rakende die gebruik van video-konferensies (in hierdie geval die gebruik van Zoom) deur ’n werkgewer wat grootskaalse afleggings oorweeg het. 

Die betrokke vakbond was nie daarmee tevrede dat die finale oorlegpleging deur middel van Zoom sou geskied nie. Nieteenstaande het die werkgewer in die vakbond se afwesighed met die aanlyn oorlegpleging voortgegaan; hierna het die werkgewer afleggingskennisgewings uitgereik. Die vakbond het beswaar gemaak en die Hof gevra om die proses prosedureel onbillik te verklaar. Die Hof se beslissing bevestig dat die gebruik van video-konferensiemetodes toepaslik was, veral nou dat afleggings meer algemeen onder die huidige ekonomiese omstandighede voorkom.
   
lees meer
POPIA se Sperdatum is 30 Junie 2021 – Ignoreer die “Vals Hoofopskrifte”, maar begin met jou beplanning!
ArticleImage Ten einde laaste is die hoofbepalings van POPIA (Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) in die Staatskoerant gepubliseer. Die bepalings tree op 1 Julie 2020 in werking. Dit beteken dat die een jaar oorgangsperiode op 30 Junie 2021 sal verstryk.

Moet nog nie paniekerig raak nie. Ignoreer die “vals opskrifte” in die media wat daarop sinspeel dat daar onmiddellik ‘n gevaar van nie-nakoming is. Terselfdertyd moet jy dit ook nie tot op die laaste nippertjie los nie! Die voorbereidings wat nodig gaan wees om nakoming te verseker gaan ‘n tydsame proses wees, en bykans elke Suid-Afrikaanse besigheid gaan daaraan moet voldoen. Daar gaan ook streng boetes vir nie-nakoming wees.
   
lees meer
Webwerf van die Maand: Die stryd om ’n klein besigheid in Vlak 3 van Inperking aan die gang te hou.
ArticleImage
“This Too Shall Pass. It might pass like a kidney stone, but it will pass” (Onbekende oorsprong) 


Die druk van die heersende swak ekonomiese klimaat word veral deur entrepreneurs en die klein besighede wat hul bedryf, gevoel. Sommige klein sake-ondernemings floreer, ander sukkel of het reeds ondergegaan. Die meeste van ons voer ‘n bestaanstryd, terwyl ons beplan en hoop vir voorspoediger dae in die toekoms.

In “The mental battle of running a small business” op Daily Maverick deel Nic Haralambous sy idees oor hoe om geestelik fiks te bly in hierdie moeilike tye: “Jou emosionele welstand speel ’n kritieke rol in jou sukses en die voortbestaan en oorlewing van jou besigheid.”

Naskrif: Daar is dalk lig aan die einde van hierdie tonnel. Hou die New York Times se “Coronavirus Vaccine Tracker” hier dop. Ons hou duim vas!


Uit die HAT: reënboognasie die Suid-Afrikaanse bevolking met sy taal- en kulturele verskeidenheid: Ons land se reënboognasie werk saam aan ‘n beter toekoms vir almal.
   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews