In hierdie tyd waarin bestaande ekonomiese bekommernisse eksponensieel toegeneem het as gevolg van die COVID-19 pandemie en die langtermyn gevolge daarvan, is dit ongelukkig so dat ’n groot aantal besighede na verwagting nie die mas gaan opkom nie.
As die direkteur van ’n maatskappy weet jy hoe belangrik dit is om te verseker dat die maatskappy nie roekeloos of onder insolvente omstandighede sake doen nie. Indien jou besigheid tekens van finansiële nood toon, is dit noodsaaklik om dadelik op te tree. Spoedige aksie is belangrik, nie net om jou eie regsposisie te beskerm nie, maar ook om jou maatskappy se kanse om na winsgewendheid terug te keer, te versterk.
Wat is die verskil tussen likwidasie en besigheidsredding? Hoe werk besigheidsredding in die praktyk? Lees gerus verder vir die antwoorde op hierdie vrae...
|