Soos wat Eskom agteruitgaan, oorweeg al hoe meer huiseienaars dit om sonpaneelstelsels te installeer om die ligte aan te hou.

Die regering se beloftes van bystand sal hierdie tendens verder versterk. Daar is heelwat praktiese oorwegings wat jy moet aanspreek (kyk na ons lys van belangrike vrae om 'n voornemende installeerder te vra voordat jy enige kwotasie aanvaar). Jy moet ook kennis neem van die toepaslike regulasies. Jy ignoreer die regulasies op jou eie risiko. Daar is sprake van ernstige strawwe vir enigiemand wat sonkrag installeer sonder om die nodige magtiging in plek te hê.

Ons gee 'n paar wenke oor hoe om aan die regte kant van die wet te bly, en ons deel ook die voor- en nadele daarvan om heeltemal van die Eskomstelsel af te gaan

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Maart 2023 NUUSBRIEF
Sonpaneelstelsels by jou huis – wat van regulasies en voldoeningsvereistes?

Soos wat Eskom agteruitgaan, oorweeg al hoe meer huiseienaars dit om sonpaneelstelsels te installeer om die ligte aan te hou.

Die regering se beloftes van bystand sal hierdie tendens verder versterk. Daar is heelwat praktiese oorwegings wat jy moet aanspreek (kyk na ons lys van belangrike vrae om 'n voornemende installeerder te vra voordat jy enige kwotasie aanvaar). Jy moet ook kennis neem van die toepaslike regulasies. Jy ignoreer die regulasies op jou eie risiko. Daar is sprake van ernstige strawwe vir enigiemand wat sonkrag installeer sonder om die nodige magtiging in plek te hê.

Ons gee 'n paar wenke oor hoe om aan die regte kant van die wet te bly, en ons deel ook die voor- en nadele daarvan om heeltemal van die Eskomstelsel af te gaan

lees meer


Begroting 2023: Jou belastingtabelle en belastingrekenaar
ArticleImage

Individue en spesiale trusts sal baat vind by drempel en ander inflasiegekoppelde aanpassings wat in die 2023 Begroting voorgestel word.

Om jou te help om die veranderinge aan Hereregte, Inkomstebelastingkoerse en aftreebelasting te kwantifiseer, deel ons beide die amptelike belastingtabelle en ’n skakel na Fin 24 se begrotingsakrekenaar (volg net die vierstap-proses om jou eie berekening te doen).

Die belastingtabelle dek Hereregte, individue en enkelbedragonttrekkings vir aftrede.

   
lees meer
Kan jy skadevergoeding eis nadat jy 'n slaggat getref het?
ArticleImage

Slaggate is oral te vinde op ons land se paaie. Hoeveel voertuie word daagliks hierdeur beskadig? Hoeveel beserings word daagliks hierdeur veroorsaak. As jy 'n slagoffer sou word, kan jy eis? Is iemand aanspreeklik om jou skade te dek?

Ons spreek hierdie vrae aan met verwysing na 'n onlangse eis wat in die hooggeregshof beslis is. 'n Motorfietsryer het saam met 'n groep motorfietsryers by ‘n pas afgegaan.

'n Slaggat het veroorsaak dat hy geval en ernstige beserings opgedoen het, benewens die skade aan sy motorfiets en aan sy beskermende klere.

Hy het die provinsiale LUR gedagvaar, en hoewel die LUR geen poging aangewend het om sy eis te verdedig nie, moes hy steeds sy saak bewys. Sy oorwinning in die hooggeregshof sal alle slagoffers van slaggate op openbare paaie hoop gee.

   
lees meer
Met ingang 1 Maart 2023: Nuwe Verdienstedrempel en Nasionale Minimumloon
ArticleImage

Werkgewers en werknemers moet kennis neem van die verhogings in beide die Nasionale Minimumloon (NML) en die “Verdienstedrempel” waarvoor die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) voorsiening maak, welke verhogings vanaf 1 Maart 2023 in werking tree. Die drempel het ook 'n impak op die beskerming van werknemers ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) en die Wet op Gelyke Indiensneming (WGI).

Ons bespreek hierdie verhogings. Vir diegene wat huiswerkers in hul diens het, verwys ons jou dan na ‘n aanlyn "lewende loon" sakrekenaar wat kan help om seker te maak dat jy jou huiswerker genoeg betaal om die "minimum behoeftes" van 'n huishouding te kan dek

Ons kyk ook kortliks na die voordele en beskerming wat nie meer vir daardie werknemers wat nou bo die aangepaste verdienstedrempel verdien, beskikbaar sal wees nie.

   
lees meer
Uit die HAT:
ArticleImage

ekonomie :   s.nw. 1. wetenskap wat hom toelê op ‘n studie van die organisasie wat in die mens se stoflike behoeftes voorsien; volkshuishouding 2. stelsel waarvolgens die handel/produksie/ens. beheer word. Bv. ‘n gemengde/kapitalistiese/ kommunistiese/ vrye ekonomie. 3. toestand waarin die handel/produksie/ ens. van ‘n land/streek verkeer: ‘n bloeiende/sukkelende ekonomie. 4. besuiniging; spaarsaamheid; [Grieks: oikos  huis + nemo bestuur]      

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews