Dit maak ekonomies sin om jou koopkrag te versterk deur saam met ander eiendom te koop. Al kyk jy na ‘n kantoor, ‘n industriële erf, ‘n vakansiehuis, ‘n woonhuis of enige ander eiendom wat lyk na ‘n goeie beleggingsgeleentheid.
Onthou gerus dat die Romeine gesê het dat “gesamentlike eienaarskap is die moeder van alle dispute.” Maak dus nou reeds voorsiening vir wanneer daar verskille tussen die eienaars ontstaan of erger, wanneer die verhoudings tussen die eienaars mag versuur.
Anders loop julle die risiko van die kostes, vertragings en onsmaaklikheid wat dispute en litigasie kan meebring.
Daar is ‘n maklike oplossing. Lees verder vir ‘n kontrolelys wat julle moet volg voordat julle ‘n gesamentlike transaksie gaan sluit …
|