Die Covid-19 pandemie het heelwat ekonomiese slagoffers agter gelaat. Dink aan  restaurante, hotelle en ander besighede wat as gevolg van inperkingsregulasies moes sluit of gedeeltelik moes toemaak, omdat hulle nie sake kon doen nie.  Baie huurders het hul verhuurders gevra vir verligting van huurbetalings. Ander het daarop aangedring en aangevoer dat hulle regtens op ‘n vermindering van huurgeld geregtig moet wees omdat die verhuurder nie meer ten volle ingevolge die kontrak kon presteer nie.

Tydens ‘n ramp van hierdie aard is dit belangrik dat kommersiële verhuurders en hul huurders hul onderskeie regte en verpligtinge moet verstaan. Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, waar ‘n hoë-profiel restaurant vir byna R3 miljoen in agterstallige huurgeld gedagvaar is. Dit was nadat die restaurant noodgedwonge sy deure gedurende Vlak 5 van die inperking moes sluit en daarna slegs beperkte sake kon doen. Hierdie uitspraak bied goeie leiding oor hoe ons howe waarskynlik hierdie soort aangeleenthede sal hanteer. Let veral op die Hof se praktiese advies aan kommersiële verhuurders en hul huurders…
 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Januarie 2022 NUUSBRIEF
Kan jou Huurder op grond van Covid-19 inperkings op ‘n vermindering in huurgeld aandring?

Die Covid-19 pandemie het heelwat ekonomiese slagoffers agter gelaat. Dink aan  restaurante, hotelle en ander besighede wat as gevolg van inperkingsregulasies moes sluit of gedeeltelik moes toemaak, omdat hulle nie sake kon doen nie.  Baie huurders het hul verhuurders gevra vir verligting van huurbetalings. Ander het daarop aangedring en aangevoer dat hulle regtens op ‘n vermindering van huurgeld geregtig moet wees omdat die verhuurder nie meer ten volle ingevolge die kontrak kon presteer nie.

Tydens ‘n ramp van hierdie aard is dit belangrik dat kommersiële verhuurders en hul huurders hul onderskeie regte en verpligtinge moet verstaan. Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof, waar ‘n hoë-profiel restaurant vir byna R3 miljoen in agterstallige huurgeld gedagvaar is. Dit was nadat die restaurant noodgedwonge sy deure gedurende Vlak 5 van die inperking moes sluit en daarna slegs beperkte sake kon doen. Hierdie uitspraak bied goeie leiding oor hoe ons howe waarskynlik hierdie soort aangeleenthede sal hanteer. Let veral op die Hof se praktiese advies aan kommersiële verhuurders en hul huurders…
lees meer


Direkteure wat koppe stamp: Beëindiging van toegang tot e-posse
ArticleImage

Wanneer die direkteure van ‘n maatskappy koppe stamp, kan ‘n situasie vinnig ontwikkel waar daar oor en weer klippe gegooi word.

Een taktiek, wat waarskynlik oor die kort termyn baie effektief sal wees, is om ‘n direkteur se toegang tot die maatskappy se e-posse en bediener (“server”) te beëindig. Die direkteur mag dalk so desperaat word dat hy dan spook om óf die dispuut op te los, óf om met behulp van die reg ‘n manier te vind om dringend toegang tot sy e-posse te verkry.

Ons kyk na ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof waar ‘n direkteur homself in hierdie einste posisie bevind het. Hier het die direkteur die hof vir ‘n spoliasiebevel gevra, ten einde toegang tot sy e-posse onmiddellik te herstel. Hierdie saak illustreer die uitdagings van so ‘n situasie.
   
lees meer
Egskeiding: Hoe kan jy tussentydse onderhoud en ‘n bydrae tot jou regskostes eis.
ArticleImage

As jou finansiële bydrae in die huwelik nie so groot is nie, is dit een van die eerste hindernisse wat jy moet hanteer, indien jy vir ‘n egskeiding wil dagvaar. Jou bekommernis oor jou finansiële situasie, vir jul kinders en vir jouself, is verstaanbaar. Wat gebeur terwyl die egskeidingsproses aan die gang is?   

Ons reg maak wel voorsiening vir ‘n oplossing in so ‘n situasie. Ons reg stel jou in staat om ‘n tussentydse finansiële bydrae van jou lewensmaat te kan eis, vir onderhoud vir jul kinders, vir onderhoud vir jouself asook vir ‘n bydrae tot jou redelike regskostes.  

Ons kyk na die toepaslike beginsels aan die hand van die uitspraak in ‘n onlangse hofsaak, waar ‘n party nie met die hof oop kaarte wou speel oor sy finansiële posisie nie. Die hof het die huweliksmaat te hulp gekom en het die man beveel om sonder versuim tussentydse betalings vir regskostes, onderhoud, huur en hervestigingskostes aan sy vrou oor te betaal.

   
lees meer
‘n Slagoffer van seksuele teistering moet dit “onmiddellik” aanmeld
ArticleImage

Potensiële teisteraars in werksplekke moet weet dat ons howe uitgesproke is in hul ondersteuning van die slagoffers van seksuele teistering. Wanneer dit in die werksplek gebeur, kan slagoffers vergoeding van oortreders self verhaal, en in sekere gevalle ook van hul werkgewers.

Slagoffers moet enige insidente onmiddellik by hul werkgewer aanmeld deur die regte prosedures te volg.

Indien die insidente nie spoedig aangemeld word nie, kan dit inhou dat die slagoffer se eis misluk. Ons oorweeg hierdie beginsel aan die hand van ‘n onlangse Arbeidshofsaak waar ‘n vroulike werknemer deur twee van haar senior kollegas geteister was. Dit het haar onderskeidelik twee jaar en drie jaar geneem voordat sy die teistering by haar werkgewer aangemeld het.
   
lees meer
Jou Webwerf van die Maand: Hoe om as die eienaar van ‘n kleinsake-onderneming die “pandemie-stres” te hanteer
ArticleImage

Hoewel dit uiters belonend kan wees om ‘n entrepreneur te wees, gaan dit hand aan hand met ‘n sekere mate van stres, selfs gedurende goeie tye. Die pandemie veroorsaak egter dat stresvlakke nou nuwe hoogtes bereik as gevolg van die onsekerhede en ontwrigtings wat met die pandemie gepaardgaan.

Stres kan natuurlik ook positief wees, maar net tot op ‘n punt. “Slegte stres” kan jou vermoë om jou besigheid te bestuur, kelder. Dit stel ook jou geestelike en fisiese gesondheid in groot gevaar.

So ongeag wat anders jy vir hierde jaar beplan, maak die effektiewe hantering van jou stresvlakke ‘n hoë prioriteit! Skop 2022 op ‘n goeie noot af deur hierdie stres-hanteringstegnieke, met komplimente van ‘n span kliniese sielkundiges op Stuff.

 

Uit die HAT:

Tinktinkie s.nw. enigeen van verskeie bruinerige singvoëltjies van die familie Cisticola, so genoem na die piepgeluidjies wat hulle maak, onder meer die rooiwangtinktinkie, die bosveldtinktinkie, die swartrugtinktinkie en die vleitinktinkie.    

   

ArticleImage

 
Ons wil u graag hiermee
‘n gesonde, gelukkige en
suksesvolle 2022 toewens.
 

   

Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews