“The Dodo suddenly called out 'The race is over!'” (Lewis Carroll, Alice in Wonderland)
‘n Gelukkige huwelik wat al jare bestaan. ‘n Derde party wat op die toneel verskyn. ‘n Verhouding wat tussen die derde party en jou huweliksmaat ontstaan. ‘n Huwelik wat nie meer bestaan nie. Kan die onskuldige huweliksmaat skadevergoeding van die derde party eis, vir die verbrokkeling van die huwelik?
Ons regstelsel het vir eeue lank so ‘n eis vir skadevergoeding voortspruitend uit ‘n owerspelige verhouding erken. Die gronde was gewoonlik -
- Belediging of skending van eiewaarde (“Contumelia” in regstaal), en/of
- Verlies aan huweliksamesyn (“Consortium”)
‘n Man het in die Hoë Hof geslaag met ‘n eis vir skadevergoeding van R75,000 teen die man met wie sy vrou ‘n intieme verhouding aangeknoop het. Dit het aanleiding gegee tot die huwelikspartye se egskeiding . . .