Vanaf 1 Februarie 2022 verkry alle eiendomsverkopers, kopers, verhuurders en huurders 'n reeks nuwe regte en verantwoordelikhede.

Die Wet op Eiendomspraktisyns is 'n komplekse stuk wetgewing en die grootste deel daarvan is vir eiendomsagente en aktebesorgers van belang. Dit is wel nodig dat jy as 'n verkoper of koper, verhuurder of huurder, weet van die bepalings van die Wet wat jou op ‘n praktiese vlak raak en dat jy daarop voorbereid is. Om net een voorbeeld te neem, as 'n eiendomsverkoper sal jy nou uitdruklik vooraf skriftleke kennis aan jou koper moet gee van enige en alle gebreke en "tekortkominge" van die eiendom wat aan jou bekend is.

Ons lig die belangrikste veranderinge en verpligtinge vir jou uit, maar soos altyd met enige eiendomstransaksie moet jy eerder toegepaste professionele advies verkry.

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
Februarie 2022 NUUSBRIEF
Hoe die Wet op Eiendomspraktisyns jou vanaf 1 Februarie 2022 as 'n Eiendomsverkoper, Koper, Verhuurder of Huurder gaan raak

Vanaf 1 Februarie 2022 verkry alle eiendomsverkopers, kopers, verhuurders en huurders 'n reeks nuwe regte en verantwoordelikhede.

Die Wet op Eiendomspraktisyns is 'n komplekse stuk wetgewing en die grootste deel daarvan is vir eiendomsagente en aktebesorgers van belang. Dit is wel nodig dat jy as 'n verkoper of koper, verhuurder of huurder, weet van die bepalings van die Wet wat jou op ‘n praktiese vlak raak en dat jy daarop voorbereid is. Om net een voorbeeld te neem, as 'n eiendomsverkoper sal jy nou uitdruklik vooraf skriftleke kennis aan jou koper moet gee van enige en alle gebreke en "tekortkominge" van die eiendom wat aan jou bekend is.

Ons lig die belangrikste veranderinge en verpligtinge vir jou uit, maar soos altyd met enige eiendomstransaksie moet jy eerder toegepaste professionele advies verkry.

lees meer


Waarom lewensmaats steeds saamwoonooreenkomste en testamente benodig
ArticleImage

‘n Beraamde 32 miljoen Suid-Afrikaners leef saam sonder dat hulle ‘n formele huwelik gesluit het (dit is volgens die 2016-sensus – ons kan aanvaar dat die getal dalk hoër is). Ons hoor soms dat mense praat van ‘n "gemeenregtelike huwelik". Dit is ‘n fiksie en ‘n aanhoudende en gevaarlike een. Lewensmaats moet die risiko's verstaan wat hulle loop om nie beide geldige testamente en 'n saamwoonooreenkoms in plek te stel om hul wense met betrekking tot hul verhouding en die finansiële en regsgevolge te reël nie. Ons hofverslae is vol ongelukkige gevalle van lewensmaats wat ná dekades van saamleef steeds behoeftig nagelaat word. Dit is ook iets wat maklik genoeg vermy kan word deur die nodige papierwerk voor die tyd op te stel en te onderteken...

   
lees meer
Wanneer lei die bywoning van 'n rugbywedstryd tot ontslag uit jou diens?
ArticleImage

Dit lyk dalk nie na so 'n groot ding nie - 'n werknemer wat graag 'n groot rugbywedstryd wil bywoon, meld eerder siek aan as om vir 'n dag se verlof aansoek te doen. 'n Onlangse Arbeidsappèlhof-uitspraak bevestig dit kan wel tot ontslag lei. Die werknemer se oneerlikheid kan die vertrouensverhouding tussen werkgewer en werknemer sodanig  benadeel om ontslag te regverdig.

Afwesigheid (veral op dae van "groot sportgeleenthede") is 'n deurlopende kwessie vir baie werkgewers. Werkgewers en werknemers moet kennis neem van die Hof se houding en besluit.

Ons bespreek dit in die konteks van die feite van hierdie spesifieke saak.

   
lees meer
Gebruik die nuwe Wet op Kubermisdade om uself te beskerm
ArticleImage

Kubermisdaad van alle soorte neem al jare toe, met 'n toename van meer as 300% sedert die begin van die pandemie.

Vir ons as moontlike slagoffers sal voorkoming beter wees as genesing. Ons posisie  word darem nou versterk deur die (gedeeltelike) inwerkingtreding van die Wet op Kubermisdade.

Ons dink slegs aan kubermisdaad in terme van inbraak, aanlyndiefstal, aanlynbedrog en dies meer. Hier het ons nou ook die kriminalisering van "kwaadwillige kommunikasie". Ons lys 'n paar van die hoofkategorieë van nuutgeskepte misdrywe:  openbaarmaking van “intieme beelde”; en ook aanhitsing tot, of dreigemente van geweld teenoor persone of eiendom. Ons bespreek hierdie aspek met verwysing na gebruikers van sosiale media.

   
lees meer
Die Begroting van 2022: Die Minister van Finansies wil graag van jou hoor.
ArticleImage Die Minister van Finansies, Minister Enoch Godongwana het soos sy kollegas voor hom ‘n utnodiging aan lede van die publiek gerig om enige voorstelle vir die 2022 Begroting aan hom deur te stuur. Die aangeduide datum vir die lewering van sy 2022 Begrotingsrede is Woensdag 23 Februarie 2022.

Dit word as volg op die Ministerie van Finansies se webwerf aangekondig:
 “As usual, the budget allocation always aims to strike a balance between competing national spending priorities … suggestions must pertain to what should government be spending on, how to address a large budget deficit, new sources of tax revenues, and other budget-relevant information … Minister Godongwana looks forward to your contributions.”

Gaan na die Nasionale Tesourie se “Budget Tips for the Minister of Finance” blad en laat jou aanbevelings en wenke en kommentaar op die aanlynvorm. 
   
Jou Webwerf van die Maand: Hoe om jou doelwitte in 2022 maklik te bereik (selfs al is dit reeds Februarie)
ArticleImage

Dit is natuurlik maklik om Nuwejaarsvoornemens te maak, maar moeilik om dit te behou. 'n Mens wonder hoeveel van hierdie voornemens nog op die radar is in Februarie van elke jaar.

Miskien is Februarie selfs ‘n beter tyd om jou doelwitte te stel vir die blink nuwe jaar wat voorlê as daardie eerste week in Januarie met sy effens paniekerige atmosfeer van "o hete, dit is al Januarie, ek beter 'n paar sinvolle doelwitte vasstel soos wat ek dit oordoen het oor die feestyd!”

In elk geval, vir heelwat nuttige idees oor hoe om 'n nuwe besigheid werklik aan die gang te kry (of wat jy ook al beplan om met 2022 te doen), lees gerus die artikel “Run that marathon! Write that novel! How to make 2022 the year you finally smash your goals” op die Guardian se webwerf.

 

Uit die HAT: sonnesirkel (s.nw.) ook sonsirkel periode van 28 jaar, waarna die dae van die week weer op dieselfde datum val.   

   
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews