Die Grondwetlike Hof het onlangs gewys op die fundamentele verskil in die regsbeskerming wat twee tipes huurders geniet:-

Huishoudelike  huurders:Die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond (“PIE”) bevat verskeie reëls en voorskrifte waaraan voldoen moet word, voordat jy huishoudelike huurders regtens kan uitsit. Waar die huurders woonagtig is op sogenaamde “kommersiële eiendom”, moet die PIE wetgewing steeds nagekom word. Die vraag is nie of die eiendom as “kommersiële eiendom” beskryf word nie, maar wel of die huurder of besetter dit vir residensiële doeleindes gebruik. Hy woon dus op die perseel al is dit “kommersiële eiendom”.

“Kommersiële huurders”:“Kommersiële huurders” of besetters (regspersone en persone wat nie die eiendom as ‘n woning of ‘n skuiling gebruik nie) geniet nie hierdie beskerming nie. In beginsel behoort dit makliker wees om sodanige huurders uit te sit.

In hierdie geval is ‘n eiendom wat vir gemengde doeleindes gebruik word, op ‘n insolvensie-veiling verkoop. Aangesien die vorige eienaars geweier het om die perseel te ontruim, het die nuwe eienaar die hof genader vir hul uitsetting . . .
 


Teken aan
Taylor and Finlay Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
FEBRUARIE 2015 NUUSBRIEF
Uitsetting Van ‘n Kommersiële Huurder: Jy Hoef Nie Aan “PIE” Voorskrifte Te Voldoen Nie
Die Grondwetlike Hof het onlangs gewys op die fundamentele verskil in die regsbeskerming wat twee tipes huurders geniet:-

Huishoudelike  huurders:Die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting en Onregmatige Besetting van Grond (“PIE”) bevat verskeie reëls en voorskrifte waaraan voldoen moet word, voordat jy huishoudelike huurders regtens kan uitsit. Waar die huurders woonagtig is op sogenaamde “kommersiële eiendom”, moet die PIE wetgewing steeds nagekom word. Die vraag is nie of die eiendom as “kommersiële eiendom” beskryf word nie, maar wel of die huurder of besetter dit vir residensiële doeleindes gebruik. Hy woon dus op die perseel al is dit “kommersiële eiendom”.

“Kommersiële huurders”:“Kommersiële huurders” of besetters (regspersone en persone wat nie die eiendom as ‘n woning of ‘n skuiling gebruik nie) geniet nie hierdie beskerming nie. In beginsel behoort dit makliker wees om sodanige huurders uit te sit.

In hierdie geval is ‘n eiendom wat vir gemengde doeleindes gebruik word, op ‘n insolvensie-veiling verkoop. Aangesien die vorige eienaars geweier het om die perseel te ontruim, het die nuwe eienaar die hof genader vir hul uitsetting . . .
lees meer

www.taylorfinlay.co.za Conveyancing Family Law Business Law Civil Litigation Financial and Estate Planning

Burokrate En Baksteenmure – Veg Terug!
ArticleImage
BUROKRATE EN BAKSTEENMURE – VEG TERUG!

“Bureaucracies are inherently antidemocratic. Bureaucrats derive their power from their position in the structure, not from their relations with the people they are supposed to serve” (Alan Keyes, ‘n Amerikaanse politikus)

Administratiewe rompslomp is ‘n groeiende probleem, nie net in Suid-Afrika nie maar ook wêreldwyd. Dit is dus verblydend dat daar twee onlangse hofbeslissings is, waar ondoeltreffende/ongeïnteresseerde/korrupte burokrate persoonlik vir regskostes aanspreeklik gehou word, waar hul wangedrag iemand dwing om hul optrede in die hof aan te veg.

Geval 1: Regeringsamptenare word beveel om persoonlik regskostes te betaal

‘n Pasiënt van ‘n provinsiale hospitaal se seun was met ernstige gestremdhede gebore as gevolg van mediese nalatigheid. Die Hof het bevind dat die betrokke Departement van Gesondheid vir skadevergoeding aanspreeklik was en het ook bevind dat die departement haar regskostes op die bestraffende prokureur en kliënt skaal moes betaal. Die hof het verder beveel dat 50% van sodanige regskostes (volgens media skattings waarskynlik sowat R500,000), persoonlik deur drie amptenare betaal moes word - 
  1. ‘n Prokureur in diens van die Staatsprokureur wat die saak hanteer het; 

  2. ‘n Senior regsadministratiewe beampte in diens van die Departement van Gesondheid; en

  3. ‘n Mediese praktisyn werksaam as ‘n mediese–regsadviseur van die Departement van Gesondheid.
Hierdie bevel volg op die Hof se bevindings dat die staat se besluit om die eis te verdedig gewoon roekeloos was. Die hof het al drie amptenare se hantering van die saak gekritiseer en die hof het ‘n lang lys van mislukkings, onverskilligheid en onbevoegdheid uitgewys. Die hof beskou die benarde toestand van die moeder en haar erg gestremde seun as tekenend van die verwoesting en skade wat openbare amptenare in Suid-Afrika deur hul gevoelloosheid, onbevoegdheid en onverskilligheid kan berokken. 

Geval 2: Moeilikheid met tenders en ‘n skerp bewoorde waarskuwing aan pligsversakende amptenare

Die Hoogste Hof van Appèl het die toekenning van ‘n munisipale tender op grond van ‘n reeks ongerymdhede, foute en gebrekkige prosedures tersyde gestel. Die hof het die Munisipaliteit gewaarsku dat indien sulke optrede herhaal sou word, hulle die kans sou staan dat die hof die besluitneming van die munisipaliteit sal wegneem om self die tender toe te ken. 
 
Die hof waarsku verder dat identifiseerbare amptenare wat vir die situasie verantwoordelik is, persoonlik vir die kostes aanspreeklik sal wees. Die hof maak dit duidelik dat die tyd aangebreek het vir howe om ernstig te oorweeg om amptenare wat soos hierbo eiesinnig optree, persoonlik aanspreeklik te hou vir verspilde kostes wat in die proses aangegaan word. Dit is die hof se mening dat persoonlike aanspreeklikheid wel die nodige ontnugterende effek op die pligsversakende amptenare sal hê.

Indien jy jou dus teen ‘n muur van burokrasie vasloop....

Die hof maak dit duidelik dat openbare amptenare nie geterroriseer moet word nie. Hulle hoef ook nie in vrees te lewe dat ‘n geringe fout wat hulle sou maak, tot die ekstreme sanksie van ‘n persoonlike kostebevel sal lei nie. 

Daar is natuurlik baie amptenare wat hulle werk doeltreffend en eerlik doen en ons moet hulle ten volle hierin ondersteun en erkenning gee.

Indien jy egter ongelukkig genoeg is om jou teen ‘n muur van burokratiese rompslomp, ongeïnteresseerdheid of ondoeltreffendheid vas te loop, moet nie net gaan lê nie. Laat jou prokureur ‘n formele waarskuwing aan die amptenare rig. Miskien sal die moontlikheid van persoonlike aanspreeklikheid hulle beweeg om die publieke dienste te verskaf wat hulle betaal word om te doen.

NOTA AAN PROKUREURS:  Die uitspraak in “Saak 1” L v MEC for Health, Gauteng (17077/2012) [2014] ZAGPJHC 337 is beskikbaar op Saflii. Mediaverslae dui daarop dat ‘n appèl waarskynlik ingedien sal word. 

Die uitspraak in “Saak 2” Mogale City Municipality v Fidelity Security Services (Pty) Ltd and Others (572/2013) [2014] ZASCA 172 is beskikbaar op Saflii. 
   
lees meer
Kontrakte – Moet Geen Twyfel Laat Nie
ArticleImage Kontrakte moet altyd ‘n sogenaamde “geen wysigingsklousule” bevat wat bepaal dat geen verandering van die ooreenkoms van enige krag of effek sal wees nie,  tensy dit op skrif gestel en deur alle partye onderteken is.

‘n Onlangse saak in die Hoë Hof rakende ‘n eiendomsdispuut toon aan hoekom dit belangrik is.

Verhuurder teen Huurder: Die restaurant wat swaar tye beleef ...
   
lees meer
Krediteure: Hoe Om Jou Borgeise Teen Ondernemingsredding Te Verseker
ArticleImage As gevolg van die aanvaarding van ‘n ondernemingsreddingplan kan jou eis teen jou hoofskuldenaar regtens drasties verminder word. Hoe raak dit jou eis teen borge wat hulself voorheen verbind het om jou hoofskuldenaar se skuld te vereffen? 

In vorige uitgawes van LawDotNews het ons gewys op die uiteenlopende beslissings wat in verskillende afdelings van die Hoë Hof oor die hantering van borgskappe tydens besigheidsredding gegee is. Ons kan nou berig dat daar onlangs ‘n uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl hieroor gegee is. ‘n Meer eenvormige benadering behoort nou van toepassing te wees. Skuldeisers sal bly wees om te verneem dat die Appèlhof bevestig het dat die borgstellings wel afdwingbaar bly; dit bly die verantwoordelikheid van die skuldeiser om die borgstelling af te dwing.


Lees meer vir jou lys van aksie . . .
   
lees meer
Begroting 2015: Dien Jou Voorstelle In
ArticleImage “Giving money and power to government is like giving whiskey and car keys to teenage boys” (P.J.  O'Rourke) 

Die Minister van Finansies Nhlanhla Nene sal die 2015 Begroting op Woensdag 25 Februarie 2015 om 2 uur die middag in die Parlement ter tafel lê. Die begrotingsdokumente sal ook op die Nasionale Tesourie se webwerfhttp://www.treasury.gov.za/ beskikbaar wees sodra die Minister met sy Begrotingsrede begin.

Jou wenke en aanbevelings kan dalk in oorweging geneem word. Jou aanbevelings kan via die Tesourie se webwerf onder “Budget Tips” aangestuur word nahttp://tinyurl.com/2015BudgetTips of faks dit na (012) 406 9055.

   
Die Februarie Webwerwe : Praktiese Maniere Om Kragonderbrekings Te Hanteer
ArticleImage Dit lyk ongelukkig of gereelde kragonderbrekings vir die volgende paar maande ons voorland gaan wees. Kyk maar na al die “rooi” dae op Eskom se beurtkragskedule te http://businesstech.co.za/news/general/75440/eskom-load-shedding-schedule-to-march-2015/.


Jy kan die volgende doen om die situasie te bestuur . . .
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews