On 17 February 2020 the Western Cape High Court handed down judgment in favour of our client, the Philippi Horticultural Area Food and Farming Campaign against the Western Cape Government and the City of Cape Town.   

The article “Victory in court for Philippi Horticultural Area” by Estelle Ellis writing in the Daily Maverick of 18 February 2020 can be accessed here or via the “READ MORE” link below.


SOURCE:   Daily Maverick of 18 February 2020
Estelle Ellis

IMAGE: Tessa Knight

 


Chennells Albertyn Attorneys's Monthly Newsletter
Stuur aan per e-pos    |    English
1 NUUSBRIEF
Philippi Horticultural Area Food and Farming Campaign

On 17 February 2020 the Western Cape High Court handed down judgment in favour of our client, the Philippi Horticultural Area Food and Farming Campaign against the Western Cape Government and the City of Cape Town.   

The article “Victory in court for Philippi Horticultural Area” by Estelle Ellis writing in the Daily Maverick of 18 February 2020 can be accessed here or via the “READ MORE” link below.


SOURCE:   Daily Maverick of 18 February 2020
Estelle Ellis

IMAGE: Tessa Knight

lees meer


Is jy van voorneme om sake vanuit ‘n residensiële woonbuurt te doen? Maak seker die sonering is reg!
ArticleImage Beplan jy om ‘n besigheid van die huis af te bedryf? Oorweeg jy dit om ‘n residensiële eiendom aan te koop met die doel om dit in ‘n besigheidsperseel te omskep? Dalk beplan iemand anders om ‘n besigheid in jou woonbuurt te open, en wil jy graag daarteen beswaar maak. Dan moet jy beslis kennis neem van ‘n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof. Hier het die Hof ‘n klein kantoor, wat van 08:00 tot 16:30 in ‘n residensiële woongebied sake gedoen het, beveel om die deure te sluit.

Die Hof het vrae soos die volgende aangespreek: “Wie kan aansoek doen vir ‘n interdik?”, “Maak dit ‘n verskil indien daar ‘n sonerings-aansoek hangend is?”, “Moet die besigheid ‘n oorlas veroorsaak?”, “Maak dit ‘n verskil indien die woonbuurt se residensiële karakter in elk geval besig is om te verander?” en “Wat van die eienaars van ander eiendomme wat reeds die wet oortree, maar daarmee wegkom deur hul optrede onder die radar te hou?”
   
lees meer
Begroting 2020: Goeie nuus vir Verkopers en Kopers van Eiendom, en ‘n paar nuttige belasting sakrekenaars
ArticleImage Die meeste belastingbetalers sal bly wees om te hoor dat hierdie jaar se Begroting ‘n bietjie verligting inhou. Verkopers en kopers van eiendom in besonder sal bly wees oor die goeie nuus dat die hereregte-vrystelling na R1 000 000 verhoog is. (Dit was voorheen R900 000.) Sien ons tabel vir meer besonderhede.

Ons bied ook skakels na ‘n paar nuttige “sakrekenaars”: Hoeveel ure moet jy vandag vir die belastinggaarder werk? Hoe gaan jou inkomstebelasting verander? Wat is die bykomende bedrag wat jy hierdie jaar vir aksynsbelasting (of sonde-belasting) moet opdok?

Vir die antwoorde op hierdie vrae, kyk gerus na die verskeidenheid van aanlyn “sakrekenaars”.
   
lees meer
Pasop wat jy op WhatsApp kwytraak – Die Saak van die R20m Lotery Wenner en die “Aanbod” van R1m
ArticleImage Soos wat meer en meer mense WhatsApp gebruik (die gebruik van WhatsApp wêreldwyd het pas die 2 miljard mylpaal bereik) moet ons op hoogte bly met die risiko’s wat daarmee gepaard gaan. Een hiervan is die gevaar om jouself onnadenkend tot ‘n bindende kontrak te verbind.

Ons begin deur te kyk na die basiese elemente van ‘n geldige en bindende kontrak. Dan bespreek ons die “bedoeling om te kontrakteer” aan die hand van ‘n R1 miljoen “aanbod” wat deur ‘n vader oor WhatsApp aan die moeder van een van sy kinders gemaak is. Die vader het R20.8 miljoen in die Nasionale Lotery gewen. Hy het ontken dat hy die bedoeling gehad het om R1 miljoen vir die ma aan te bied. Was sy “aanbod” ‘n aanbod wat aanvaar kon word?

Die Hof se antwoord op hierdie vraag hou ‘n belangrike les vir ons almal in.
   
lees meer
Begin POPIA se een jaar sperdatum op 1 April te loop?
ArticleImage Gaan die hoofbepalings van POPIA (die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) werklik op 1 April 2020 in werking tree, soos wat die media berig? Of is dit weer ‘n vals alarm? Hierdie keer wil dit voorkom asof dit die ware Jakob is. Die Inligtingsreguleerder het die President formeel versoek om ‘n aanvangsdatum vas te stel en aan te kondig.

Indien dit wel gebeur (ten tyde van publikasie is dit steeds onduidelik), het elke organisasie wat aan POPIA moet voldoen ‘n een jaar oorgangsperiode om hul sake in orde te kry. Hierdie periode verstryk op 31 Maart 2021

Ons hou julle op hoogte met verdere inligting in die toekoms.
   
Webtuiste van die Maand: Suid-Afrika in die 2020s – Grootpad of Grondpad (“High Road or Low Road”)?
ArticleImage Wat presies hou die Twintig-Twintigs vir ons as Suid-Afrikaners in? Dit is ‘n belangrike vraag, nie slegs vir besighede en beleggers nie, maar vir almal van ons op ‘n baie persoonlike vlak.

Natuurlik is dit ook een van daardie vrae wat makliker is om te vra as om te antwoord. Soos die Nobelprys wenner Niels Bohr dit gestel het: “Dit is baie moeilik om ‘n voorspelling te maak, veral as dit oor die toekoms is.” Dink byvoorbeeld aan die nuwe COVID-19 koronavirus wat skielik sy opwagting gemaak het, en die groot impak daarvan op die wêreld en wêreld-ekonomieë.

Soos wat Clem Sunter (dink aan sy boek en sy aanbiedings “High Road or Low Road?” van die laat tagtigerjare) ons herinner, kan en moet ons steeds scenario-beplanning gebruik om onsself voor te berei vir enige van die groot verskeidenheid moontlike toekomstige uitkomstes...
   
lees meer
Uitsluiting

Die inligting hierin vervat is van ‘n algemene aard en moet nie as professionele advies gebruik word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u professionele adviseur vir spesifieke en toegepaste advies.


© DotNews.  All Rights Reserved.


  ’n Kliëntskakelingsdiens van DotNews