|
Die meeste belastingbetalers sal bly wees om te hoor dat hierdie jaar se Begroting ‘n bietjie verligting inhou. Verkopers en kopers van eiendom in besonder sal bly wees oor die goeie nuus dat die hereregte-vrystelling na R1 000 000 verhoog is. (Dit was voorheen R900 000.) Sien ons tabel vir meer besonderhede.
Ons bied ook skakels na ‘n paar nuttige “sakrekenaars”: Hoeveel ure moet jy vandag vir die belastinggaarder werk? Hoe gaan jou inkomstebelasting verander? Wat is die bykomende bedrag wat jy hierdie jaar vir aksynsbelasting (of sonde-belasting) moet opdok?
Vir die antwoorde op hierdie vrae, kyk gerus na die verskeidenheid van aanlyn “sakrekenaars”.
|
|
|
|
Soos wat meer en meer mense WhatsApp gebruik (die gebruik van WhatsApp wêreldwyd het pas die 2 miljard mylpaal bereik) moet ons op hoogte bly met die risiko’s wat daarmee gepaard gaan. Een hiervan is die gevaar om jouself onnadenkend tot ‘n bindende kontrak te verbind.
Ons begin deur te kyk na die basiese elemente van ‘n geldige en bindende kontrak. Dan bespreek ons die “bedoeling om te kontrakteer” aan die hand van ‘n R1 miljoen “aanbod” wat deur ‘n vader oor WhatsApp aan die moeder van een van sy kinders gemaak is. Die vader het R20.8 miljoen in die Nasionale Lotery gewen. Hy het ontken dat hy die bedoeling gehad het om R1 miljoen vir die ma aan te bied. Was sy “aanbod” ‘n aanbod wat aanvaar kon word?
Die Hof se antwoord op hierdie vraag hou ‘n belangrike les vir ons almal in.
|
|
|
|
Gaan die hoofbepalings van POPIA (die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting) werklik op 1 April 2020 in werking tree, soos wat die media berig? Of is dit weer ‘n vals alarm? Hierdie keer wil dit voorkom asof dit die ware Jakob is. Die Inligtingsreguleerder het die President formeel versoek om ‘n aanvangsdatum vas te stel en aan te kondig.
Indien dit wel gebeur (ten tyde van publikasie is dit steeds onduidelik), het elke organisasie wat aan POPIA moet voldoen ‘n een jaar oorgangsperiode om hul sake in orde te kry. Hierdie periode verstryk op 31 Maart 2021.
Ons hou julle op hoogte met verdere inligting in die toekoms.
|
|